Sowat een uit 100 mense is op die outisme-spektrum, maar moontlik is slegs sowat 10% van dié mense in Suid-Afrika gediagnoseer. Baie mense op die outisme-spektrum, maar wat goed funksioneer, word nooit gediagnoseer nie. Tog het hulle probleme wat hulle lewe moeiliker maak. Marí Hudson praat hieroor met prof. Petrus de Vries, ‘n kinder- en tienerpsigiater aan die Universiteit van Kaapstad.