Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.
April 01, 2020Gesondheid 1 April 2020'n Mens kan seker sê die SARS-Coronairus wat nou mik na 900 000 gevalle oor die wêreld, is 'n psigopaat, want iets skort met die organisme se gewete. Wat verstaan ons oor psigopate? Want alle psigopate is nie reeksmoordenaars nie. En wat is die verskil tussen 'n psigopaat en narsis? En wat is die regte naam vir die probleem? Wat gebeur in die brein van só 'n mens en kan dit behandel word? Marí Hudson gesels met dr. Eugene Allers, 'n psigiater en lid van die Suid-Afrikaanse Psigiatriese Vereninging oor psigopatie en narsisme....more27minPlay
March 25, 2020Gesondheid 25 Maart 2020Kan die verloop van die Covid-19 epidemie in Suid-Afrika voorspel word? Wat kan ons verwag? Wat staan dokters en pasiënte te doen? Mari Hudson praat hieroor met dr. Angelique Coetzee, president van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging....more29minPlay
March 18, 2020Gesondheid 18 Maart 2020Wat presies weet ons nou van die nuwe coronavirus bekend as SARS-CoV-2? En van die siekte COVID-19? Muteer die virus? Hoe lank oorleef dit buite die liggaam? Kan enigiets buiten handewas en maskers vir nabye kontak help? Wat staan my te doen as ek sekere simptome ervaar? Marí Hudson gesels met 'n infeksie-spesialis oor die mediese aspekte van die virus en COVID-19....more29minPlay
March 11, 2020Gesondheid 11 Maart 2020Wat is skisofrenie en grenslyn persoonlikheidsteurnis? Is 'n narsis en psigopaat dieselfde? Wat gebeur in die brein van iemand met een van hierdie psigiatriese steurnisse? Waarom gebeur dit? Wat is 'n psigose? Kan die probleme behandel en genees word? Marí Hudson gesels met 'n psigiater oor die mediese aspekte van die bekendste psigiatriese probleme, en die mites en misverstande....more28minPlay
March 04, 2020Gesondheid 4 Maart 2020Wat is die mediese feite oor obesiteit? Hoe verander dit jou fisiologiese en metaboliese prosesse? Is dit werklik so gevaarlik om oorgewig te wees? Kan 'n mens vet en gesond wees? Marí Hudson praat met 'n endokrinoloog oor wat in jou liggaam gebeur as jy oorgewig of vetsugtig is....more28minPlay
February 26, 2020Gesondheid 26 Februarie 2020Wat is makulêre degenerasie? Waarom verloor mens jou sig in die middel van jou gesigsveld? Is daar meer as een soort? Kan dit behandel word? Kan mens iets doen om dit te voorkom of die agteruitgang te verstadig?...more27minPlay
February 19, 2020Gesondheid 19 Februarie 2020Om 'n diagnose van Parkinson se siekte aan te hoor, is nie maklik nie, want dit het implikasies vir die res van jou lewe. Marí Hudson gesels met Nina Schuman, 'n bekende Suid-Afrikaanse pianis, oor hoe sy lewe met Parkinson se siekte....more27minPlay
February 12, 2020Gesondheid 12 Februarie 2020Kan ek my genetika laat toets om vas te stel watter dieet ek moet volg? Wat kan genetiese toetse van my verklap, en hoe kan dit my help? Wat is die effek van die omgewing op my gene? Kan dit gemeet word? Kan ek iets aan die effek van die omgewing op my gene doen? Marí Hudson praat met 'n kankerspesialis oor die verskillende soorte genetiese toetse, en gebruik borskanker as 'n voorbeeld. Hulle kyk ook na DNS-toetse vir diëte....more29minPlay
February 05, 2020Gesondheid 5 Februarie 2020Is private hospitaalkoste te duur? Hoe vergelyk die koste om hospitaaldienste in die staat te lewer met die koste om dieselfde diens in 'n private hospitaal te lewer? Wat sal gebeur as ons nie private hospitale het nie? Dra hulle werklik by tot ons ekonomie en ons Bruto Nasionale Produk? Wat is die bedryf se mening oor die voorgestelde nasionale gesondheidsversekeringsplan? Marí Hudson gesels met Koert Pretorius van Mediclinic oor die stand en toekoms van private hospitale in Suid-Afrika....more26minPlay
January 29, 2020Gesondheid 29 Januarie 2020Wat is die coronavirus wat mense in die Ooste op hol het? Hoe dodelik is dit? Hoe het dit ontstaan? Is ons in Suid-Afrika in gevaar? Marí Hudson praat met 'n spesialis oor die virus, asook ook klebsiêlla en die winter se griep....more28minPlay
FAQs about Gesondheid:How many episodes does Gesondheid have?The podcast currently has 642 episodes available.