Op die eerste dag van 2020, kyk Mari Hudson na van die belangrikste feite wat in 2019 in die gesondsheidveld aan die lig gekom het. Sy lig die kernboodskappe uit oor sportopkikkers, maermaak-inspuitings, die hart en strawwe oefening, die jongste tipe 2 diabetesbehandeling, depressie en selfdood, kankerfeite, ystertekort en daggaolie.