Jy is nog jonk, maar pas gediagnoseer met kanker. Chemoterapie en/of bestraling wag. Maar jy wil graag ná jou herstel, 'n baba hê. Ja, dit is moontlik, vir mans en vroue. En daar is selfs meer as een manier om die droom waar te maak, selfs ná kankerbehandeling. Marí Hudson gesels met prof. Igno Siebert, 'n fertiliteitspesialis, oor die jongste inligting nadat hy teruggekeer het van 'n internasionale kongres.