As jy al die pyn van migraine ervaar het, sal jy sekerlik dokters vergewe dat hulle jare lank gemeen het die pyn ontstaan in slagare binne die brein. Dit is eintlik veranderings in die klein slagaartjies, vlak onder die kopvel en dus buite die brein, wat tot die geweldige pyn lei. En omdat medici nou die oorsaak van die pyn beter verstaan, is dit moontlik om deur 'n klein prosedure mense wat aan erge migraine of troshoofpyn ly, se pyn te verlig sodat hulle nie weer medikasie benodig nie.