GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #GROOTtrauma - 10 September
    Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor:
    >Mediese vasvrae: Wat is die basiese smake wat die menslike tong kan onderskeie?
    >Skoksyfers: Duisende tieners van so jonk soos 10 kraam in Oos-Kaap
    >Die Internasionale Diabetesfederasie het Type 5-diabetes (ook bekend as malnutrition-related diabetes mellitus) amptelik erkén as 'n aparte vorm van diabetes.
    > 9 September was dit Internasionale FASD-bewustheidsdag gewees. Suid-Afrika het die hoogste voorkoms van Foetal Alcohol Spectrum Disorder wêreldwyd.
    >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
    46 min
  • #WeeksdaeVibesMetVenita - Melissa Jane | 9 September
    Hierdie 23-jarige van Worcester bly dalk in 'n klein dorpie, MAAR haar passie vir musiek gaan haar nog die wêreld laat vol toer! Melissa Jane gesels met Venita oor hoe haar missie en visie is om mense te laat lag, goed voel en saam hulle liefde vir musiek kan deel. Haar nuutste enkelsnit GLY is net die begin van hierdie reis.
    15 min
  • Route326: Magda Louw en haar Erhard
    Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, julle, regtig, goeie waarde vir geld, hulle sal dalk selfs genomineer kan word vir ’n prys of so…

    Maar die ou man vergeet heeltyd waar hy moet inkom en arme Magda moet net vure doodslaan. Selfs die dans is maar louwarm. (Klem op Louw) So eerlikwaar, die begin is effens flou, maar die middel is regtig… oukei-erig. En die einde sal jou met stof tot nadenke los. Hopelik.

    Magda en Erhard gesels oor die kuns van die lewe, die verskillende fases van oudword – baie jare wat ons in prentjies kan opsom.
    Hoe ons almal met die verfpot in die hand staan… vandat ons buite die lyne inkleur, totdat die kwas uiteindelik opdroog en ons nie meer kan dink aan prentjies om te teken nie. Maar ten minste kan ons die wat daar is nog bewonder…
    11 min
  • #GROOTtrauma | 3 September
    Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor:
    >Mediese vasvrae: Wat is die naam van die sterkste en mees buigsame vinger, wat jou help om dinge vas te hou?
    > Lê jou fobies in jou gene?
    > Wanneer hoesstroop nie genesing bring nie, maar verslawing. – Hoesstroop en koeldrank die nuwe cocktail vir tieners in Kaapstad
    > Dis Nasionale Nierbewustheidsweek – Stella de Kock, Uitvoerende Direkteur van TELL gesels oor kinders wat met niersiekte leef, die uitdagings van dialise en oorplantings, én hoekom ons land een van die laagste orgaanskenkingsyfers ter wêreld het.
    >Dr. Jaco se mediese-wenk van die week.
    43 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.