Elma Makenzie deel op Goeie Vrydag haar getuienis met Nina. Dis 'n getuienis van God se getrouheid in 'n tyd toe Elma stoksielalleen was en nie 'n uitweg gesien het nie... Ook 'n storie van 'n vrou wat haar ALLES vir Jesus gee...
Janie Bay het op #DieGROOTBrekfis by Ruben en Charonike kom gesels oor haar nuwe enkelsnit "Goodbye Lovers Lane". Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Annette-Christi Barnard is 'n vryskud navorser en het vandag ons kom vertel presies waaroor haar beroep gaan.
28 min
About GROOTfm 90.5
From the publisher's feed
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.
Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.