GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #GROOTtrauma - 23 April
    Hierdie week op #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco van Niekerk oor:
    Mediese vasvra: Hoeveel keer klop ’n mens se hart in jou leeftyd?
    GROOT Oepsie in die Noord-Kaap: Die provinsiale gesondheidsdepartement het versuim om hul lisensie vir medikasie te hernu – wat beteken dit vir pasiënte wat afhanklik is van lewensbelangrike medisyne?
    Baanbreker-navorsing in beroerte-herstel: UCLA-wetenskaplikes het ‘n nuwe middel, DDL-920, getoets wat breinverbindings ná ‘n beroerte by muise herstel
    het. Ons kyk na wat dit moontlik vir mense kan beteken.
    Wêreld Malaria Dag (25 April): Ons fokus op die impak van malaria in Afrika, die jongste statistieke, en die wêreldwye poging om die siekte uit te roei. Dr. Jaco bespreek mediese benaderings, terwyl Venita insig gee in die psigologiese impak op families.
    Dr. Jaco se wenk van die week.
    37 min
  • #KomOnsPraatDaaroor - 23 April
    Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
    45 min
  • #DieGROOTBrekfis - Esteani Marx, Eiendom Waardasies.
    Esteani Marx, Head of Real Estate at Lightstone Property

    Die Tswane metro het onlangs die nuwe waardasielys bekend gemaak vir residensiële eiendomme. Baie inwoners is geskok oor die verhoging in hul eiendom se waardasie, wat dan ander kostes beinvloed. Sy het met Ruben Delmage en Charonike Nel meer hieroor gesels.
    8 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.