Pastoor Wouter van der Merwe van Lewende Woord Centurion, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Charonike gesels oor Rentmeesterskap. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Jacques Papenfus van Moeggesukkel en Dr. Roedolf Botha, het op GROOTfm 90,5 se Groot Biddag met Zander gesels oor Diensbaarheid, Roeping en Die Vrug van die Gees. Luister gerus weer hier as jy dit gemis het.
Venita en Elrica Smith gesels met Edohan Burger gedurende GROOTfm 90.5 se GROOT Biddag oor Verslawing en hoe jy kan terug draai na jou geloof om jou deur die donkerte te help.
Venita en Elrica Smith gesels met Richard & Danel Van Tonder gedurende GROOTfm 90.5 se GROOT Biddag oor die jeug en die wêreld se verwagtinge vs God se verwagtinge.
Avonturier Riaan Manser het al man alleen die kontinent van Afrika se kuslyn aangedurf op 'n fiets en verskeie ander avonture ondergaan. Hy vertel vir ons hoe deur middel van sy Geloof hierdie situasies aanpak.
Riana Nel & Jonathan en Lindri Atkins kuier saam ons en bespreek Ouerskap en die uitdagings wat ouers vandag in die oë staar.
36 min
About GROOTfm 90.5
From the publisher's feed
GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.
Luister na ons op 90.5fm in Pretoria of op DStv oudiokanaal 820 of laai gerus ons app af om enige plek in die wêreld na ons te luister.