GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 25 Junie
    Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
    Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
    Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
    Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

    Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
    5 min
  • #GROOTtrauma | 24 Junie
    In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor:
    >Mediese Vasvrae Vraag - Waar of Onwaar
    Griep en verkoue is dieselfde ding — dit is net verskillende terme wat dieselfde siekte beskryf.
    >Cauliflower ear: ’n gevaarlike tendens onder mansIntro:
    >Dokter waarsku teen energie-drankies vir kinders ná 13 jarige-leerder se dood
    >Mans Geestesgesondheidsmaand
    >Dr Jaco se wenk vir die week
    43 min
  • #WeeksdaeVibesMetVenita - Aidan Kade | 24 Junie
    Aidan Kade het op #WeeksdaeVibes met Venita kom kuier en gesels oor hul emosionele nuwe enkelsnit, Hoor Jy My? Hulle gesels meer oor die emosie agter die musiek en hoe mens soms net die behoefte het om werklik gehoor te word.
    22 min
  • Wêreld Allergieweek
    Wêreld Allergieweek word van 21 tot 27 Junie wêreldwyd gehuldig en vanjaar val die fokus op die boodskap dat allergiebehandeling noodsaaklike gesondheidsorg is. Allergiese siektes soos asma, voedselallergieë, ekseem en hooikoors neem wêreldwyd toe en raak miljoene mense se daaglikse lewe, werk, skool en gesondheid. Om meer hieroor te gesels, sluit Dr Suretha Kannenberg, Dermatoloog en Woordvoerder vir die for Allergy Foundation van Suid Afrika by Sarina aan.
    10 min
  • Aktualiteit: misdaad in Pretoria en die belangrikheid van Gemeenskapspolisiëringsforums
    Misdaad bly een van die grootste uitdagings waarmee gemeenskappe in Pretoria daagliks te kampe het. Van huisbrake en voertuigmisdaad tot bedrog en veiligheidskwessies in woonbuurte – inwoners is toenemend afhanklik van samewerking tussen die SAPD, Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's), sekuriteitsmaatskappye en die gemeenskap self. Vandag gesels ons met verteenwoordigers van verskeie GPF's oor die stand van misdaad in Pretoria, die uitdagings waarmee hulle te doen kry en hoe inwoners self kan bydra tot veiliger gemeenskappe. In die ateljee is De Wet Ungerer - Gemeenskapsveiligheid steekshoof AfriForum Gauteng Noord, Aris Ruyter - Alpha Security Forum & Garsfontein CPF en Louis Erasmus - Brooklyn Sektor 2 GPF.
    25 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.