GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 24 Junie
    Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
    Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
    Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
    Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

    Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
    4 min
  • Midjaar-uitbranding - Anja van Beek
    Ons is amper halfpad deur die jaar, en vir baie mense begin die druk van sperdatums, werkverpligtinge en persoonlike verantwoordelikhede nou ophoop. Dit kan lei tot uitputting, stres en selfs uitbranding. Maar hoe weet jy wanneer jy bloot moeg is, en wanneer jy op pad is na ernstige uitbranding? Ons gesels vandag met Anja van Beek, leierskapstrateeg en stigter van WholeLeader Collective, oor midjaar-uitbranding en hoe werknemers én werkgewers dit kan voorkom.

    Anja verwys na 3 "HIGH PERFORMANCE ENERGY" - gewoontes wat jy kan beoefen om vinnig jou battery te herlaai:
    1. Dankbaarheid - dis wetenskaplikbewys dat mense wat gereeld nadink oor dinge waarvoor hul dankbaar is, meer veerkragtig is
    2. Humor - bring meer lag in jou dag in
    3. Optimistiese lewensuitkyk - leer jou brein om die positiewe deel in elke situasie te soek
    20 min
  • ABC van Ouerskap- F: Finansies
    Ons ABC van Ouerskap-reeks bring ons vandag by die letter F – Finansiële beginsels. Baie ouers wonder wanneer en hoe hulle kinders oor geld moet leer, maar kenners sê finansiële gewoontes en ingesteldhede word reeds op ’n jong ouderdom gevorm. Ons gesels vandag met Jaco de Wet, stigter van Writing with Rands, oor hoe ons kinders kan help om geld as ’n hulpmiddel te sien, verantwoordelik daarmee om te gaan, en terselfdertyd Bybelse waardes soos rentmeesterskap, vrygewigheid en hardwerkendheid te ontwikkel.
    13 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 23 Junie
    Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
    Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
    Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
    Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

    Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
    5 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Bella Coleske (Mis Jy My Al)
    Met die vrystelling van haar eerste solo Afrikaanse enkelsnit, “Mis Jy My Al”, neem Bella ’n belangrike volgende stap in haar musiekloopbaan. Sy het reeds luisteraars beïndruk met die duet “Winter In Die Kaap” saam met Chris Steyn en haar weergawe van “Travelin’ Soldier” saam met haar pa, Arnold Coleske.
    20 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.