GROOTfm 90.5

GROOTfm 90.5

By GROOTfm 90.5
Download on the App Store

GROOTfm 90.5 episodes

  • #OntbytMetDoepieEnNina - Kurt Darren(Langarm & Liefde)
    Na die massiewe sukses van onlangse treffers “6 7” en “Hop Hop Spinnekop” neem Suid-Afrikaanse trefferkunstenaar Kurt Darren aanhangers terug na waar hulle oorspronklik op sy musiek verlief geraak het - die dansvloer.
    “Langarm en Liefde” is propvol aansteeklike energie, drywende ritme en romantiese "flair" - ’n lied gemaak vir draai onder die ligte, stof wat spat van die dansvloer en harte wat saam met die musiek klop.
    13 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - GeeWeek terugvoer
    Na 'n ongelooflike geseende GEEWEEK gesels ons met die verskillende rolspelers van die organisasies wat ons help. Saam ons kuier Charlene Jackson - Hannah Charity, Theo de Jager - Saai en Annelie van der Linde - Eleos oor wat GeeWeek vir hulle beteken het.
    22 min
  • #WeeksdaeVIbesMetVenita - Carley | 18 Junie
    Carley het by Venita kom kuier om te gesels oor nuwe musiek - WAG VIR JOU. Sy vertel meer hoe sy na matriek balans gaan vind tussen haar studies en liefde vir musiek en wat haar droom vir haar loopbaan is.
    29 min
  • VERSKILMAKERS: HospiVisie
    Vandag gesels ons met ‘n organisasie wat daagliks hoop bring waar dit die nodigste is. HospiVision is al sedert 1997 betrokke by die ondersteuning van pasiënte, families en gesondheidswerkers in staatshospitale regoor Suid-Afrika.

    Met ’n sterk fokus op pastorale en emosionele sorg, werk hulle span om nie net fisiese genesing te ondersteun nie, maar ook mense se harte en gemoed. Hulle visie is eenvoudig maar kragtig: *“Touching lives. Giving hope.”*

    Ons gesels vandag met Annemarie Oberholzer oor die ongelooflike werk wat hulle doen en hoe dit werklik ’n verskil maak in mense se lewens.
    13 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Wat Is In Jou Kosblik? - 18 Junie
    Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
    Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
    Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
    Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

    Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
    7 min
  • #OntbytMetDoepieEnNina - Roan Ash (Nuwe Enkelsnit)
    Die Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Roan Ash het sy nuutste enkelsnit, "Still Know How To Love You", onthul, geneem van sy krities bekroonde EP Thieves, wat in Desember 2025 deur Warner Records Nashville vrygestel is. Die snit is 'n kragtige vertoonkas van Ash se kenmerkende klank - rokerige sang gelaag oor ryk, wortelsgedrewe produksie - wat 'n emosioneel rou meditasie oor blywende liefde lewer wat lank nadat die laaste noot vervaag het, voortduur.Die Suid-Afrikaanse sanger-liedjieskrywer Roan Ash het sy nuutste enkelsnit, "Still Know How To Love You", onthul, geneem van sy krities bekroonde EP Thieves, wat in Desember 2025 deur Warner Records Nashville vrygestel is. Die snit is 'n kragtige vertoonkas van Ash se kenmerkende klank - rokerige sang gelaag oor ryk, wortelsgedrewe produksie - wat 'n emosioneel rou meditasie oor blywende liefde lewer wat lank nadat die laaste noot vervaag het, voortduur.
    12 min
  • #GROOTtrauma | 17 Junie
    In hierdie episode van #GROOTtrauma gesels Venita en Dr. Jaco oor:
    >Mediese Vasvrae Vraag - Watter liggaamsdeel verloor die vinnigste hitte as dit nie bedek is in baie koue toestande nie?
    >Nuwe MIV-inspuiting GROOT deurbraak vir S.A.
    >Scleroderma bewusmakingsweek
    >Moet ek nog steeds water drink in die winter?
    >Dr Jaco se wenk vir die week
    40 min

About GROOTfm 90.5

From the publisher's feed

GROOTfm 90.5 is op ‘n missie om Suid-Afrika en sy mense te inspireer en te impakteer met “vermaak wat verskil maak” anders kan ons die lekker liedjies en grootste treffers van alle tye maar op ‘n CD in die kar luister en die nuus van die dag op die internet lees! Ons vier en geniet alles wat goed en reg is, maar aanvaar ook die verantwoordelikheid vir die dinge wat ons nog wil sien verander! Ons kleur die klankgolwe in met hoop en woorde van lewe, maar lééf ook GROOT in die klein en die onbenullige om ‘n blywende voetspoor in ons gemeenskap te laat.