“Jy het ʼn goeie, gesonde verstand gekry. Gebruik dit. Net dit. Wees onbeskaamd koppig, trots en eiesinnig. Maak staat op jou intuïsie, jou inbors en jou gene.”
“Kalorieë, voedselallergieë, diabetes en cholesterol bestaan nie in die wêreld van hierdie superwesens nie. Om oor sulke dinge te praat is net so onsmaaklik as om sout oor jou kos te gooi.”
“Wat op aarde veroorsaak hierdie makabere rituele? Tradisie, gewoonte, ʼn diepgesetelde gebrek aan beskawing?” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor kombuis- en ooievaarstees, en kinderpartytjies.
“Ek het ʼn nuwe gebed: Bewaar my van die avontuurlustiges. Hulle is tog so knaend dat almal hulle passie moet deel. Klouerig soos kathare aan ʼn swart jas.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor avonturiers en hulle horde foto’s.
“Eendag was daar ʼn vrou wat gʼn vrees geken het nie. Gʼn neuroses, gʼn pasops, gʼn fobies nie. Niks nie.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor ʼn vrou met ʼn persoonlikheidsversteuring.
“Ek het al fassinerende karakters op vliegtuie ontmoet. Mense wat onbeskaamd binne ʼn japtrap vertel dat hul oom met hul suster getroud is, en wie nou oor watter afgestorwene se erfgoed baklei.” Luister saam na Lizz Meiring se rubriek oor haar ervarings op lughawens.
“ʼn Imposante indringer hang halfmas teen die muurlys in die hoek teen my bed. Ek wou eers gil, soos wat daar van vroue verwag word as hulle ʼn spinnekop sien, maar ek was bang die ‘Arachnida’ skrik hom kaduks en kom skuil langs my onder die komberse.”
5 min
About Hoor hier
From the publisher's feed
“Hoor hier” is Maroela Media se oudioreeks met 52 voorlesings van Lizz Meiring se gunstelingrubrieke. Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële steun van Afrikaans.com en word tegnies versorg…