NP van Wyk Louw probeer woorde gee aan hierdie universele, diep menslike verlange na naaktheid, sonder wegkruip, in eenvoud - voor God, myself en ander:
My naakte siel wil sonder skrome
in alle eenvoud tot jou gaan,
soos uit diepe slaap ons drome,
soos teen skemerlug die bome
opreik na die maan;
gaan met al sy donker wense,
en die heilige, nooit-gehoorde
dinge sê, waarvoor die mense
huiwer, en wat om die grense
flikker van my duister woorde.