Kos spiëel ten diepste ons identiteit.
Die eerste mense, Adam en Eva, se val was deur kos. Die probleem het nie soseer gegaan oor die appel warmee hulle versoek is nie, maar eerder wat die appel verteenwoordig het: Om soos God te wees. Hulle sien hulle los van die skepping en is ontevrede met hoe God dit gemaak het.
Die gevolg is ‘n blindheid vir hulleself, mekaar en God. Hulle blameer mekaar en kruip weg vir God.