Vandag se kultuur, en heeltemal te veel mense in hierdie kultuur, is ondankbaar en ontevrede. Dit, terwyl die Here wil hê sy volgelinge moet leef met oorloop-harte propvol dankbaarheid. Wel, dit is nie altyd maklik nie, want die lewe is met tye ingewikkeld en uitdagend. In hierdie boodskap gesels ons oor ‘n wonderlike geestelike dissipline wat jou prakties, hande en voete, kan help om ‘n dankbare mens te wees. Leer dit aan, doen dit gereeld en leef met ‘n hart vol dankbaarheid!