Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Ontdek die Jesuslewe saam met Kerksondermure.By Kerksondermure (KSM) glo ons elkeen is uniek geroep om die Jesuslewe te ontdek. Hierdie klank boodskappe van ons eredienste neem jou saam op ’n ontdekk... more
FAQs about Kerksondermure (KSM):How many episodes does Kerksondermure (KSM) have?The podcast currently has 114 episodes available.
May 11, 2026Colin Smith | Kinders van die KoningWie is ek? Waarom is ek hier? Wat moet ek met my lewe maak? Hierdie vrae vorm die basis waar rondom elkeen van ons, ons identiteit bou. Kom luister saam na ‘n gesprek wat ek en jy broodnodig het om te hoor....more28minPlay
May 11, 2026Gerrit Visser | Kinders van die KoningDie Heilige Gees bevestig dat ons kinders van God is en lei ons na ‘n dieper verstaan van ons nuwe identiteit in God. Om dit te weet is ‘n waarheid, om dit elke dag te leef is ‘n avontuur. Kies vandag om die avontuur aan te pak in die waarheid dat jy ‘n kind van die Koning is....more29minPlay
May 11, 2026Stephan Joubert | Ek is ‘n kind van GodEk is ‘n kind van God. Romeine 8 leer my God se straf is af. Ek is regtig vry. Sonde is nie meer my baas nie. Ek is Gees-deurdrenk. Hy roep oor en oor uit in my hart dat ek aan God behoort. Ek praat nou die Gees se nuwe taal....more31minPlay
May 05, 2026Stefan Fourie | As die opstanding nie waar was nie, sou hulle dit anders vertel‘n Kern waarheid van die Christen geloof, is dat Jesus Christus, doodgemaak is, begrawe is, en uit die dood opgestaan het. As dit waar is, kan ons dit op eis, dat Christene die enigste ware God aanbid. Maar as dit nie waar is nie, wat doen ons dan? ...more32minPlay
May 05, 2026Neels Marias | Christus se opstanding verander allesOns geloof is nie nutteloos nie. Ons hoop is nie leeg nie en ons toekoms is nie onseker nie. As kinders van die Here kan ons dit met vrymoedigheid sê want God het iets in ons midde kom doen. Jesus het uit die dood opgestaan, God het Hom opgewek en dít verander alles! Christus anker ons geloof en hoop en ons toekoms is ín Hom....more28minPlay
April 28, 2026Stephan Joubert | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig isJesus nooi ons in sy verhaal in. Dis nooit andersom nie. In Jesus se nabyheid deel ons in sy oorwinning oor die bose magte. ByJesus hoor ons ook hoe klink "the roar of the lambs." So klink die nuwe oorwinningsverhale wat Jesus se uitgestuurdes kom vertel met hulle terugkoms (Lukas 10:1-16). Dan nooi Jesus hulle selfs nog dieper in sy eie narratief in as hulle by Hom hoor dat hulle grootste vreugde moet wees dat hulle name in die hemel opgeteken is. So klink die nuwe verhaal van meer lewe waaraan meer mense vir altyd mag deelhê....more29minPlay
April 28, 2026Neels Marais | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig isHoe kan ek geluk vind? Hoe kan ek meer blydskap ervaar? Is ons “high performance culture” die antwoord? Daar is iets in ons almal wat hou van prestasie. Dit is lekker om te wen. Ons geniet dit om eerste te kom. Sukses smaak soet. Dis betekenisvol om vir die Here te werk. Maar tog leer die Here ons dat ons nie primêr ons vreugde in hierdie tipe goed moet vind nie. Die bron van ons diepste vreugde lê daarin dat God ons ken. Hy weet alles van ons en kies steeds om ons name in die hemel op te skryf...more27minPlay
April 28, 2026Gerrit Visser | Meer Lewe vir Meer mense – Deel in die stories waarmee God besig isWanneer die 72 volgelinge van Jesus terugkom is hulle vol vreugde. Hulle vertel van wonderwerke en getuig van God se liefde vir ander. Daardie verhale kan deel wees van jou lewe ook....more37minPlay
April 20, 2026Stefan Fourie | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!Om mense van Jesus te vertel, is baie keer vir Christene moeilik. Waar begin ek? Wat moet ek sê? Hoe moet ek dit doen? En is dit selfs my plek om dit te doen? Die Lukas evangelie is duidelik: Christene is boodskappers, boodskappers van ‘n iets groter as hulself. ...more27minPlay
April 20, 2026Colin Smith | Meer Lewe vir Meer mense – Ons is die Getuies!In die nuus vandag, of eerder die NUUS SOPAS ONTVANG! Met gespitste ore luister almal aandagtig na dié gebeure wat die wêreld indringend gaan verander... Ons ken hierdie tipe aankondigings al te goed, en tog is daar ‘n aankondiging wat selfs groter is, genoem die euangellion. Hierdie week sien ons hierdie NUUTSTE NUUS, DIE BESTE NUUS in aksie....more33minPlay
FAQs about Kerksondermure (KSM):How many episodes does Kerksondermure (KSM) have?The podcast currently has 114 episodes available.