Kom sit saam met my by my kampvuur in die bos. Maak jou oë toe en gebruik die volgende uur om af te skakel. Hierdie episode is langer juis met die doel op slaap en ontspanning. Ek is die hele tyd saam met jou by die vuur om dit aan die gang te hou terwyl jy rus. Ek sit later vir jou nog hout op en as ons klaar is, spuit ek die vuur dood, want in die natuur is dit net die regte ding om te doen. PS, ek merk die episode as explicit, want ons bure was nogal loud en daar kon dalk iets deurgeglip het wat ek nie kon uitedit nie. Geniet dit saam met my by die vuur.