Klanktoets

Klanktoets

Download on the App Store

Klanktoets episodes

  • Shaza on "Friday": Capturing the Weekend Vibe
    South African rising pop artist Shaza has captured the weekend feeling with her new single, "Friday" upbeat, bright, and built for summer. In this interview we talk about the song, the vibe she was chasing, and what it means to be part of South Africa's growing pop scene.
    7 min
  • Roux Cloete steek die vuur aan met splinternuwe enkelsnit "ZIPPO"
    Na jare agter die skerms as die pen agter Afrikaanse treffers soos "Tekkies Brand" en "Haar Naam Was Somer", tree Roux Cloete nou self in die kollig met "ZIPPO" 'n nostalgiese blik op 'n liefde wat nooit heeltemal uitgewerk het nie. In hierdie onderhoud gesels hy oor die verhaal agter die liedjie, die simboliek van die Zippo-aansteker en hoekom sekere herinneringe bly hang soos rook in die lug lank nadat die vuur geblus is.
    8 min
  • Dian Roux groet die pyn met nuwe enkelsnit "Groet"
    Dian Roux is terug met "Groet", 'n eerlike afskeidslied oor die oomblik wanneer liefde alleen nie meer genoeg is nie. Die lied neem luisteraars na daardie stil plek na 'n verhouding se breekpunt, 'n woonstel vol herinneringe, reën teen die venster en die drang om iemand te bel. "Groet" het ontstaan uit 'n doodgewone oggend in sy ou kantoor, toe hy besef het hoe jy een oomblik iemand se held is en die volgende oomblik moet groet om jouself te beskerm. Die kernvraag "Was ons net geleen?" laat jou wonder of sommige mense net in jou lewe verskyn om jou iets te leer. Luister nou na "Groet".
    8 min
  • Sentiment se Regardt oor 'Ek Wil Jou Sien'
    Ek het met Regardt van Sentiment gesels oor hul debuut-enkelsnit, Ek Wil Jou Sien. 'n Liedjie oor daardie een persoon vir wie jy enigiets sal doen net om te sien. Die Afrikaanse rockgroep bestaan uit Jako Meyer (sang) en Regardt Scheepers (kitaar), met 'n klank vol groot kore en emosie. Die liedjie is nou aanlyn beskikbaar.
    8 min
  • Dassie maak die deur oop: "Elke pot het sy deksel"
    Die Suid Afrikaanse sanger het pas sy nuwe single "Hart se Huis" vrygestel en dit is soveel meer as net 'n liefdeslied. Dit gaan oor die mens se hart as 'n huis: met kamers, mure, krake en herinneringe. En die hoop dat iemand eendag by die deur instap, die ligte aanskakel en besluit om te bly.
    In die geselskap deel Dassie oor kwesbaarheid, emosionele herstel, en hoekom liefde nie net "maanskyn en rose" is nie. Sy boodskap? "Elke pot het sy deksel" – moenie na seerkry moed opgee nie.
    7 min

About Klanktoets

From the publisher's feed

Die jongste van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.