Klipkouers

Klipkouers

By MaxMediaBusinessMarketing
Download on the App Store

Klipkouers episodes

  • Rondetafelgesprekke: BEE as besigheidstrategie & mites met Empowerlogic
    Die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sakeskool en die Klein Besigheid Instituut (SBI) het onlangs 'n reeks innoverende rondetafelgesprekke in Bothaville aangebied. Hierdie gesprekke, wat plaasgevind het in CNH Industrial se opleidingsfasiliteite in Bothaville, is gelei deur Jacques Basson van Klipkouers en het 'n platform geskep vir bedryfleiers om kritiese kwessies in die landbouspektrum te bespreek.
     
    'n Hoogtepunt van die geleentheid was Prof. Nicolene Barkhuizen, Direkteur van die UV Sakeskool, se bekendstelling van nuwe landbou-opleidingskursusse. Haar aanbieding het veral klem gelê op die innoverende Plaasbestuurdersprogram, wat beloof om 'n nuwe era in landbou-opleiding in te lui.
     
    Sleutelonderwerpe wat bespreek is:
     
     - Innoverende kostebesparende strategieë met Penta Motor Group
     
     - Praktiese toepassings van die Internet van Dinge (IoT) in landbou met Ctrack & ClearFuel Technologies
     
     - BEE as 'n besigheidstrategie, met ontleding van algemene mites met   Empowerlogic
     
    - Volhoubare sonkrag-oplossings vir die landbousektor met Solareff
     
    - Welvaartskeppingstrategieë vir landbou-entrepreneurs, met 'n fokus op algemene slaggate om te vermy met PSG Wealth Pretoria-Oos
    31 min
  • Episode 183: Cobus van den Berg
    Die Afrikaanse film bedryf 20 jaar terug was nie die reus wat ons vandag ken nie. Die bedryf het ’n laagtepunt bereik na die suksesse van die 1970’s en 80’s, en baie was van die opinie dat daar net nie meer ’n mark vir Afrikaanse films was nie.

    Maar in die 2010’s het die bedryf floreer, met titels soos Liefling en Semisoet wat groot sukses by die loket behaal het. Dit is toe dat Cobus van den Berg, op daardie stadium nog in die toerisme sektor, besluit het om sy passie vir films te volg en saam met sy hedendaagse vennoot, Tim Theron, hul eerste film te maak: Klein Karoo.

    Ons gesels met Cobus oor die hoe hy van die korporatiewe wêreld na die film bedryf gespring het, die ongewone manier hoe hy kennis opgedoen het oor die bedryf, en die rolprente wat hy tot dusver vervaardig het.

    1 hr 38 min
  • Episode 182: Ronel Bezuidenhout
    Entrepreneurskap verg baie verskillende eienskappe, maar bowenal verg dit die vermoë om ’n geleentheid raak te sien, ongeag waar die geleentheid is.

    Ronel Bezuidenhout het so ’n geleentheid raakgesien in die gasvryheidsektor en dit met albei hande aangegryp. In 2001 het sy Capital Hotel Skool se deure oopgemaak, ’n tersiêre instansie wat gasvryheidsbestuur kursusse aanbied.

    EK gesels met Ronel oor hoe sy die skool begin het, watter kursusse hulle vandag aanbied, die belangrikheid van ondervinding terwyl mens studeer, en hoe om suksesvol te wees in die gasvryheidsektor.
    1 hr 9 min
  • Episode 181: Giniel de Villiers
    Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk.

    Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy  'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek  te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009.

    Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek, is De Villiers 'n meester van konsekwentheid, met tallose Top 10 posisies en 15 podiumverskynings. As 'n hoeksteen van die Toyota Gazoo-span, spandeer hy baie van sy tyd om die Hilux te onwikkel in veral die Namibiese- en Kalahariwoestyn.

    1 hr 20 min
  • Episode 180: André Koegelenberg & Johan Pool
    André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.  

    Die konsessiehouers van die ACDC Express in Worcester gesels oor hoe hulle in die bedryf beland het, die uitdagings wat hulle moes oorkom en die lesse wat hulle geleer het, asook hoe hulle slegs 10 dae na die ontploffing weer operasioneel was. Hulle deel ook besigheidswenke en wyshede vir jong entrepreneurs wat hulle danksy hulle 8 jaar in die bedryf geleer het.
    1 hr 1 min
  • Episode179: ”Maak my ’n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
    Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede bedryf, meegeding het om die gesogte titel.

    Gaan luister gerus ook na die nuwe podcast reeks, Pot Vol Kennis, wat ek saam met die MOS Inisiatief aangepak het. Ons help jou om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig.
    56 min
  • Episode 178: Andrew Bartlett
    Andrew Bartlett het sy eerste groot besigheid in telekommunikasie in Bloemfontein opgebou. 'n Kombinasie van te vinnige en te diverse groei, tesame met Covid as kersie op die koek, het gelei tot die ineenstorting van die besigheid. Sy Covid-storie begin in 'n diep, donker geestelike gat.

    Gelukkig is sy post-Covid-storie 'n nuwe begin met 'n nuwe vennootskap wat oa 'n gemeenskapsradiostasie, 'n nuwe ateljee, 'n nuwe podcast reeks, 'n nuwe mediahuis genaamd Miele Media, 'n UFC-klub, en selfs vriesbaddens en 'n hyperbaric oxygen chamber insluit. Dit was ‘n mondvol! Ek benodig suurstof!
    59 min
  • Episode 177: Andries Mulder
    "Wanneer jy oorweeg om sonpanele te installeer, is dit noodsaaklik om navorsing te doen oor die maatskappy wat jy van plan is om te gebruik, en te verseker dat die produk wat gebruik word in Suid-Afrika gediens kan word, anders gaan jy probleme ervaar," sê Andries, eienaar van die ACDC Express in Nelspruit.

    Andries het in verskeie bedrywighede gewerk, insluitend die klerebedryf, wegneemetes, en die petrolbedryf, voordat hy in die elektriesebedryf sy merk gemaak het.

    “Met 'n produkreeks van amper 36,000 in die winkel,” voeg hy by “is dit nie altyd maklik om by te bly met al die tegniese aspekte van alles nie, maar as ons nie dadelik 'n antwoord het vir ons kliënte nie, sal ons beslis die antwoord kry.”
    29 min
  • Episode 176: Arnold Vosloo
    In hierdie podcast-episode voer podcaster, Jacques Basson, 'n gesprek met legendariese Suid-Afrikaanse akteur Arnold Vosloo. Vosloo, bekend vir sy rolle in Hollywood-rolprente soos The Mummy en Blood Diamond, bespreek sy voorneme om jaarliks na Suid-Afrika terug te keer om aan Afrikaanse projekte te werk. Die gesprek dek sy grootwordjare, sy loopbaan in Hollywood, en sy nuutste projek, die Afrikaanse drama Plan B, geïnspireer deur Deon Meyer se karakters.

    Vroeë Lewe en Familie

    Vosloo se ouers was reisende verhoogakteurs in Suid-Afrika voor die koms van televisie
    Hulle het klein dorpe besoek om Afrikaanse toneelstukke op te voer
    Sy vader het later oorgeslaan na die vertoning van films in hierdie dorpe
    Vosloo se vroegste herinneringe is van films kyk by die inryteater waar sy vader gewerk het
    Hierdie ervaring het die saadjie geplant vir sy toekomstige loopbaan
    Hy het van jongs af geweet hy wou 'n akteur wees
    Die familie het uiteindelik in Alberton gevestig
    Hy koester goeie herinneringe van familie-byeenkomste en films kyk saam met familie
    Hy handhaaf steeds 'n hegte verhouding met sy suster, Nadia

    Loopbaan begin in Suid-Afrika

    Vosloo se formele akteursopleiding was kort
    Hy het Pretoria Technikon vir 'n kort tydperk bygewoon voor hy 'n pos by TRUK gekry het
    By TRUK het hy skoolvoorgeskrewe werke opgevoer
    Hy het 'n agent gekry en is as die skurk in die Afrikaanse reeks Meisie van Suidwes gekas
    Dit was 'n keerpunt in sy loopbaan
    Hy het dit opgevolg met verhoogwerk en 'n rol in die suksesvolle Boetie-flieks

    Die Hollywood-konneksie

    Vosloo het na Hollywood oorgeskakel na werk aan Amerikaanse produksies in Suid-Afrika
    Mede-akteur Brian James het hom aangemoedig en aangebied om hom met kontakte in Hollywood te help
    'n Toevallige ontmoeting het gelei tot 'n rol in 'n toneelstuk wat deur die VSA getoer het
    Dit het hom onder die aandag van 'n Hollywood-agent gebring
    Dit het gelei tot oudisies en sy uiteindelike rol in Hard Target, onder regie van John Woo
    Die film se sukses het deure in Hollywood vir hom oopgemaak

    Die Belangrikheid van Verhoudings en die Rol van Agente

    Vosloo beklemtoon die belangrikheid van verhoudings in die filmbedryf
    Hy was in The Mummy film danksy vervaardigers wat hom van Hard Target onthou het
    'n Sterk agent is noodsaaklik om raakgesien te word en oudisies te kry

    Werk aan The Mummy en Ludik

    Vosloo deel staaltjies van die stel van The Mummy, insluitend 'n humoristiese uitruiling met medespeler Brendan Fraser
    Hy bespreek ook sy rol in die Netflix-reeks Ludik, verfilm in Pretoria
    Die reeks se sukses het hom aan 'n wyer gehoor bekend gestel deur stroomplatforms

    Die Suid-Afrikaanse Filmbedryf en die Opkoms van Kaapstad

    Vosloo beklemtoon Kaapstad se groeiende prominensie as 'n filmlokasie
    Die diverse liggings en gunstige wisselkoers maak dit aanloklik vir internasionale produksies
    Hy merk egter op dat meer groot klankstudio's nodig is om groter-begroting films te lok

    Lewe in Santa Monica en Toekomsplanne

    Vosloo beskryf sy huidige lewe in Santa Monica en sy vrou se werk
    Hy spreek sy voorneme uit om meer tyd in Suid-Afrika deur te bring, veral langs die Wes-Kaap
    Hy en sy suster ondersoek verskeie dorpe as moontlike plekke om te vestig

    Slotgedagtes

    Vosloo herbevestig sy begeerte om aan outentieke Suid-Afrikaanse stories te werk
    Hy vind die samewerkende proses van filmmaak die bevredigendste
    Die gesprek eindig met 'n dankie aan luisteraars en 'n versoek om met die podcast op sosiale media betrokke te raak
    1 hr 27 min
  • Agripreneurs Reeks: Stian Brandt
    Het jy al ooit gewonder waarom ry daar meestal oorsee-vervaardigde “rowwe-onbeskofte-ruwwe-terrein-bakkies” in Afrika rond? Wel, dis aan die verander. ‘n Vrystater het opgehou wonder. ‘n Plan gemaak en gedoen! So is die bekostigbare, taai, betroubare, geen fieterjasies Brandt BRV-werkeselbakkies in Bloemfontein gebore en nou ook vervaardig.

    Ek het onlangs die spartaanse, duursame, lae onderhoud, veldry-voertuig  met sy stewige vragdravermoë by die Agriculture.Golf-gholfdag in Bloemfontein, te siene gekry. Ek het ook met die man agter die bakkies wat internasionale motorvervaardigers op eie werf aangedurf het, Stian Brandt van Brandt Radical Vehicles, gesels.  

    17 min

About Klipkouers

From the publisher's feed

Klipkouers is ’n Afrikaanse video besigheidspodcast waar Jacques Basson gesels met entrepreneurs en impakmakers om praktiese besigheids- en lewenslesse te ontgin. Eerlike gesprekke, toepasbare insigte…