Sukkel jy met Afrikaans? Voel jy ‘n knop op jou maag, en begin die sweetdruppeltjies op jou voorkop pêrel wanneer jy Afrikaans moet lees in die klas? Moenie wanhopig wees nie, daar is baie hoop vir jou. Riëtte Hugo, 'n oudonderwyseres, praat oor die boek, Afrikaans+ chop-chop, wat jou sal help om van jou taalprobleme ontslae te raak. As jy gedink het jy sal nooit Afrikaans verstaan nie, verseker sy jou dat jy dit nie net sal verstaan nie, maar ook sal baasraak.