Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • NASCAM erken kommunikasietekort te midde van strenger inspeksies
    NASCAM sê ondernemings moet lisensiegeld betaal wanneer hulle musiek kommersieel gebruik, sodat musikante en komponiste billik vir hul werk vergoed kan word. Die waarnemende uitvoerende hoof, Ferdinand Gertze, erken dat die organisasie se kommunikasie en streeksverteenwoordiging tekortgeskiet het. Dit het daartoe bygedra dat sommige sake-eienaars onkant gevang is deur verskerpte lisensie-inspeksies. Hy sê ondernemings wat sukkel om te betaal, kan betalingsvoorstelle indien.
    1 min
  • Inentingsveldtogte teen bek-en-klouseer versnel
    Die land versterk sy stryd teen bek-en-klouseer, met inentingsveldtogte wat momentum opbou in die //Kharas- en Zambezi-streke. In Karasburg is 1 296 beeste op 25 plase ingeënt, terwyl meer as 42 286 beeste by 34 inentingsposte op Kalala-eiland en in omliggende gemeenskappe in die Zambezi-streek ingeënt is. Woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda, sê:
    1 min
  • Bek-en-klouseer kan swaar op hersiene begroting weeg
    Namibië se bek-en-klouseerkrisis sal na verwagting ’n groot hap uit finansminister Ericah Shafudah se hersiene mediumtermynbegroting neem, wat Donderdagmiddag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word.
    Kosmos 94.1 Nuus se Fritz Platt het meer:
    2 min
  • Willem Strauss as Blou Bulle-president herkies
    Willem Strauss is onbestrede vir 'n derde agtereenvolgende termyn herkies as president van die Blou Bulle Rugbyunie. Nadat hy reeds agt jaar gedien het, beklemtoon Strauss se onbestrede verkiesing die totale vertroue van die uitvoerende gesag in sy leierskap, talent-ontwikkelings-pyplyne en volgehoue prestasie oor die unie se hele ekosisteem. Strauss het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Mikro-geloofsbriewe kan werkskepping en entrepreneurskap bevorder
    Die Namibiese Kwalifikasie-owerheid hou in Oshakati konsultasies oor die konsepbeleidsraamwerk vir mikro-geloofsbriewe. Oshana-goewerneur Hofni Iipinge sê die beleid kom op ’n belangrike tydstip, aangesien Namibië ekonomiese diversifikasie, werkskepping, entrepreneurskap en menslike kapitaal-ontwikkeling nastreef.
    1 min
  • Mauritius se hotelle steeds gewild ondanks onrus
    Jean Michel de Senneville, ’n voormalige Mauritiaanse diplomaat, sê toeriste het nie hul besprekings vir die komende Kersvakansie gekanselleer nie, ondanks die betogings en aandklokreël. Die regering het die aandklokreël ingestel nadat betogings oor watertekorte en die lewenskoste gewelddadig geraak het. Volgens De Senneville staan besprekings by vyfsterhotelle steeds op sowat 85 persent, terwyl vier- en driesterhotelle vir die somervakansie vol bespreek is.
    1 min
  • Hyundai herroep 253 Tucson-voertuie oor kommer oor lugsaksensors
    Die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikerskommissie het om veiligheidsredes 253 Hyundai Tucson NX4-voertuie herroep, wat verlede jaar regoor Suid-Afrika verkoop is. Die herroeping volg na kommer dat die sensors vir kantbotsinglugsakke in sommige voertuie nie aan die korrekte spesifikasies voldoen nie. Phetho Ntaba van die kommissie sê Hyundai sal diagnostiese toerusting gebruik om te bepaal of die korrekte sensors geïnstalleer is en of die lugsakstelsels aan veiligheidstandaarde voldoen:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…