Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Namibiër deel sy ervaring van onrus in Frankryk
    Frankryk berei voor vir verdere betogings die naweek ná dae van geweld, plundering en skade aan openbare geboue en ondernemings in verskeie stede. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiër Louis Jansen van Vuuren gepraat oor sy reaksie op die onrus en hoe hy die situasie in Parys ervaar.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Jou liggaam, jou kosbaarste huis | A.Vogel Multiforce
    Jy woon in die duurste huis wat jy ooit sal besit: jou liggaam. Maar hoe goed versorg jy die triljoene inwoners wat daarin woon? In vandag se gesprek oor A.Vogel Multiforce gesels ons oor dié treffende vraag en die aandag wat jy aan jou liggaam gee.

    Multiforce is by apteke landswyd beskikbaar. Besoek www.avogel.co.za of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.
    11 min
  • Rubio verwerp bewerings oor Amerikaanse steun aan Oekraïne
    Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bewerings verwerp dat Oekraïners sterf omdat Amerika intelligensie van Kiëf terughou. Die VSA het na bewering 'n groot deel van die intelligensie wat gedeel is, stopgesit, en ook wapens geblokkeer wat ingevolge die Voorkeurlys van Vereistes vir Oekraïne verkoop is. Verlede week het Starshield die spoed van mobiele eenhede beperk. Dit het Kiëf se vermoë ingekort om inkomende hommeltuie af te skiet of hommeltuigaanvalle met 'n medium reikafstand in Russies-besette gebiede te ontplooi. Rubio het die aantygings as "skandalig" bestempel:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA landbou-leiers waarsku oor moontlike verlies aan AGOA-toegang
    Landbouleiers in Suid-Afrika reageer op die moontlikheid dat die land sy voorkeurtoegang tot die Amerikaanse mark ingevolge die AGOA-handelsooreenkoms kan verloor. Die ooreenkoms bied tariefvoordele vir duisende produkte uit kwalifiserende Afrikalande. Dr. Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, het met Kosmos 94.1 Nuus oor die moontlike gevolge vir Suid-Afrikaanse landbou gepraat.
    1 min
  • Ramaphosa belowe optrede oor Tshwane se waterkrisis
    Die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Nasionale Waterkrisis-komitee sal aandag gee aan die waterkrisis in Bronkhorstspruit, Tshwane, waar kraanwater onveilig vir menslike gebruik verklaar is ná ’n uitbreking van maagderm-siektes. Tydens ’n ANC-deur-tot-deur-veldtog in Daveyton, Ekurhuleni, het Ramaphosa om verskoning gevra vir die siektes en beklemtoon dat swak waterbehandeling nie menselewens in gevaar mag stel nie. Hy sê die komitee werk aan oplossings en dat vordering binne dae verwag word.
    1 min
  • Bek-en-klouseerbeperkings druk kleinskaalse boere
    Die landbouministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, sê bek-en-klouseerbeperkings is ’n bitter pil om te sluk vir kleinskaalse boere wat met voortgesette handelsbeperkings worstel. Muyunda sê die slag van vee op plase vir kommersiële verkoop bly verbode om die verspreiding van die virus te beperk. Hy verseker produsente dat beperkings verslap kan word namate die risikovlakke daal en doen ’n beroep op alle belanghebbendes om die Dieregesondheidswet na te kom om verdere uitbrekings te voorkom.
    1 min
  • NASCAM Music Licensing Fees Explained – Ferdinand Gertze
    NASCAM's music licensing fees have sparked frustration among Namibian business owners, with many questioning how tariffs are calculated, why additional licences are required, and where the collected money goes.

    Kosmos 94.1's Laimi speaks to Ferdinand Gertze, Acting Chief Executive Officer and Acting Vice Chairperson of the Namibian Society of Composers and Authors of Music (NASCAM), about the legal requirements, royalty distributions to local musicians, and concerns raised by businesses.

    The discussion also explores payment arrangements, transparency, and the options available to business owners who wish to dispute their licensing assessments.
    12 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…