Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Regering 'moet BKS-verbod op jagtrofee-uitvoere heroorweeg'
    Die professionele jagter Jofie Lamprecht sê grootwildjag en die uitvoer van die trofeë dra tussen 250 miljoen en 300 miljoen Namibiese dollar tot die land se ekonomie by. Hy sê dit is daarom belangrik dat die regering sy besluit om die uitvoer van grootwildtrofeë te verbied, dringend heroorweeg om te verseker dat dié inkomstebron nie opdroog nie. Lamprecht sê jagoperateurs noord van die Rooilyn volg al jare lank BKS-vriendelike reëls met die uitvoer van jagtrofeë.
    1 min
  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Fifa-baas vra verskoning oor privatiseringsplan
    Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om 'n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig beswaar gemaak het. Infantino het na gister se Fifa-raadsvergadering in Zurich gesê dit was nie bedoel om ondersteuning van bestaande bronne te vervang nie, maar Europese sokkerbase hou vol hy's nie bevoeg om Fifa te lei nie:
    1 min
  • Creecy keur brandstofheffing-verhoging af, Cosatu juig
    Die vakverbond Cosatu verwelkom vervoerminister Barbara Creecy se ingryping om nog ʼn verhoging in die brandstofheffing te keer. Sy het ʼn voorstel van die Padongelukkefonds om die POF-heffing tot drie Suid-Afrikaanse rand per liter te verhoog, afgekeur en sê verbruikers is reeds onder groot druk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers en die ekonomie steier onder die afgelope jaar se enorme brandstofprysstygings. Hy vra verdere verligting vir beleërde pendelaars voor die volgende brandstofprys-aanpassing aan die begin van November:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    6 min
  • OVK begin om stembriewe te wysig en te herdruk ná Konstitusionele Hof-uitspraak
    Die SA Verkiesingskommissie sê hy sal nou begin om stembriewe te wysig en te herdruk ten einde 181 ANC-kandidate in ses munisipaliteite in te sluit. Dit volg op die Konstitusionele Hof se uitspraak ten gunste van die ANC in 'n geskil oor kandidate wat uitgesluit is van volgende maand se plaaslikeregeringsverkiesing. Die kommissie het vroeër die week gesê 66-persent van die stembriewe is reeds gedruk. Die voorsitter van die OVK, Mosotho Moepya, sê hulle het beperkte tyd om aan die uitspraak te voldoen:
    1 min
  • Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef
    Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef. Meyer het klein ondernemings aangespoor om te innoveer en na geleenthede in buurlande te kyk:
    1 min
  • Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef
    Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…