Meer inligting is bekend oor die Amerikaanse regering wat die voormalige Kubaanse president, Raúl Castro, en vyf ander aangekla het. Dit hou verband met die 94-jarige Castro se vermeende aandeel in die bevel om in 1996 twee burgerlike vliegtuie van die Kubaans-Amerikaanse groep, Brothers to the Rescue, af te skiet. Die waarnemende prokureur-generaal, Todd Blanche, sê nasies en hul leiers kan nie Amerikaners teiken sonder om verantwoording te doen nie: