Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Donderdag, 15 Oktober 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Meer as 63 000 beeste is reeds vir bek-en-klouseer ondersoek en meer as 10 000 voertuie is by verskeie padblokkades vir die onwettige vervoer van vee en vleisprodukte deursoek. Ons hoor die jongste by die woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda. En: Agra het 'n huppel in sy stap met 'n uitstekende landboujaar wat sy wins vir die 2026-boekjaar gaan laat blom.
    4 min
  • Donderdag, 15 Oktober 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Meer as 63 000 beeste is reeds vir bek-en-klouseer ondersoek en meer as 10 000 voertuie is by verskeie padblokkades vir die onwettige vervoer van vee en vleisprodukte deursoek. Ons hoor die jongste by die woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda. En: Agra het 'n huppel in sy stap met 'n uitstekende landboujaar wat sy wins vir die 2026-boekjaar gaan laat blom
    3 min
  • Ma van 18-jarige Karinambande Muundjua vra om vergifnis
    Die ma van die 18-jarige wat Woensdag in die Okahandja-landdroshof verskyn het op aanklagte van moord op die die 5-jarige Ingrid Maasdorp en die 6-jarige Roswinds Fabianu op Okahandja, sê sy is jammer vir wat haar seun gedoen het. Selma Tjivikua het aan Nampa gesê haaar familie is geskok oor die klagtes teen haar seun, Karinambande Muundjua, en om vergifnis gevra van die families van die twee minderjarige slagoffers:
    1 min
  • Bou van 2 voetganger-brûe oor Westelike Verbypad begin in November
    Die minister van werke en vervoer, Veikko Nekundi sê die konstruksie van twee voetganger-brûe oor die Westelike Verbypad sal voor die einde van November afskop. Nekundi het Woensdag gereageer op ‘n vraag in die parlement deur Affirmative Repositioning-LP, George Kambala. Kambala wou weet, behalwe vir die installering van spoedhobbels, hoekom dit so lank vat om met ‘n permanente oplossing vorendag te kom om voetganger-veiligheid op die B1 te verbeter. Nekundi het bevestig dat die brugontwerpe reeds voltooi en goedgekeur is en dat addisionele voetgangersbrûe ook in die verdere toekoms beplan word:
    1 min
  • DA vra vir beter beheer na BKS-uitbreking in Addo
    Die DA vra die Oos-Kaapse regering om maatreëls te verskerp om die verspreiding van bek-en-klouseer te voorkom nadat die siekte by koedoes in die Addo-olifant Nasionale Park bevestig is. Die bron van die besmetting en enige moontlike verband met ander uitbrekings word steeds ondersoek. Die DA-lid Heinrich Müller dring aan op beter monitering in natuurreservate, strenger beheer oor rondlopervee, verbeterde omheining en voldoende veeartsenykundige ondersteuning en inenting:
    1 min
  • Regering wil KI-beleid vir staatsdiens instel
    Die regering gaan 'n beleid instel wat die gebruik van kunsmatige intelligensie in die staatsdiens sal rig, namate hy pogings verskerp om digitale transformasie en inklusiewe ontwikkeling te bevorder. Tydens die amptelike opening van die negende Nasionale IKT-beraad in Ongwediva het inligtingminister Emma Theofelus gesê dat stelsels veilig met mekaar moet saamwerk, met kuberveiligheid, databeskerming en verantwoordelike inligtingsbestuur as kernprioriteite.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 14 Oktober 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die dag wat was, 14 Oktober 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    6 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…