Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • DA vra dringende ingryping na Katlehong-skietery
    Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en senior polisie-leierskap moet aan die parlement rekenskap gee van hul versuim om toe te slaan op die vlaag geweldsmisdade in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg nadat twee lede van die ANC-Jeugliga en nog twee mense dood is in ʼn verbyry-skietery in Katlehong nadat hulle ʼn gedenkdiens bygewoon het. Drie mense is gewond. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê die voorval beklemtoon toenemende kommer oor geweldsmisdaad in Ekurhuleni:
    1 min
  • Bolyf van vrou wat naby Daan Viljoen gevind is, geïdentifiseer
    NamPol het die bolyf van 'n vrou wat in die Daan Viljoen-gebied gevind is, amptelik as dié van die 27-jarige Danelize Majiedt geïdentifiseer. Sy is op 30 Augustus as vermis aangemeld. Die mag se waarnemende inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê forensiese DNS-toetse is op die oorskot gedoen, en verdagtes word steeds ondersoek.
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41%
    Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte. Dit is ten spyte daarvan dat die aantal bouplanne wat ontvang is, van 221 tot 237 toegeneem het. Hy het 'n kykie na die res van die jaar met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:
    1 min
  • Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde
    Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel van April 2025 verbind.
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Twee lede van ANC-jeugliga in Katlehong doodgeskiet
    Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het. Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê ʼn verdagte is in verband met die skietery gearresteer:
    1 min
  • Bemagtiging van vroue skep voordele vir besighede en samelewing
    Veruscka Gertze, welvaartbestuurder van Old Mutual, sê dat die bemagtiging van vroue en die versterking van leierskap volhoubare voordele vir individue, organisasies, beroepe en die samelewing skep. Gertze het by die derde jaarlikse Vrouebyeenkoms gesê dat die ondersteuning van die geleentheid ooreenstem met die firma se verbintenis om geleenthede vir vroue te skep om te skakel, van mekaar te leer en die selfvertroue te bou wat nodig is om die toekoms te vorm.  
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…