Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • NRU kondig nog internasionale wedstryde vir Welwitschias aan
    Die Namibiese Rugbyunie het 'n reeks komende internasionale wedstryde aangekondig, met 'n hoogs verwagte streeks-toetswedstryd en 'n tuisreeks as hoogtepunte. Die Welwitschias sal eers na Harare reis om teen Zimbabwe te speel, voordat hulle na Windhoek terugkeer vir 'n reeks van twee wedstryde. Jerome Paarwater, wat tans as konsultant-afrigter vir die unie optree, gee meer inligting:
    1 min
  • Private dagga-gebruik in Suid Afrika bly in die nuus
    Die kwessie van private dagga-gebruik in Suid Afrika bly in die nuus. Jeremy Acton, een van die aktiviste wat in 2018 daarin geslaag het om dagga in die buurland te wettig vir die kweek van dagga vir private gebruik, het met Kosmos 94.1 gepraat oor die situasie op die oomblik.
    1 min
  • Die weervoorspelling vir vandag, Woensdag, 14 Oktober 2026
    Namibië sal vir die res van die dag warm tot baie warm, grotendeels droë en sonnige weer sien, met dowwe sonskyn en stygende middagtemperature in baie gebiede. Die kans op reën lyk volgens die algemene nasionale vooruitsig skraal, hoewel toestande sal verskil tussen die kus, die sentrale hoogland en die warmer binneland. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
    1 min
  • Iipinge wil Grootfontein-munisipaliteit se dienste en finansies verbeter
    Johannes Iipinge is amptelik die nuwe uitvoerende hoof van die Grootfontein-munisipaliteit en belowe om die dorp na finansiële volhoubaarheid en verbeterde dienslewering te stuur. Iipinge het 'n vyfpilaar-strategie uiteengesit wat fokus op finansiële gesondheid, inkomste-uitbreiding, infrastruktuurontwikkeling, plaaslike ekonomiese groei en mensgesentreerde diens, en doen 'n beroep op verenigde samewerking in die gemeenskap om blywende vordering te behaal.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Motorsport: Kagame verwerp idee dat F1 te groot is vir Rwanda
    Motorsport: Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die idee dat Formule Een te groot is vir ʼn klein landjie soos syne. Rwanda het ’n tienjaar-ooreenkoms onderteken om vroeg in die 2030's ’n F-1 Grand Prix aan te bied - die eerste in Afrika sedert 1993. Die wedren sal plaasvind sodra die nuwe baan voltooi is in Bugesera, 40 kilometer suid van die hoofstad, Kigali. Kagame sê geen geleentheid is te groot vir Rwanda nie:
    1 min
  • Slegs 17% van Kunene-kinders het toegang tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums
    Die Europese Unie-ambassadeur in Namibië, Ana-Beatriz Martins, sê daar is nog baie ruimte vir verbetering en samewerking om te verseker dat meer kinders in die Kunene-streek toegang tot vroeë-opvoeding en onderrig geleenthede en fasiliteite het. Dit, na dit vasgestel is dat slegs 17-persent van kinders in die streek toegang het tot Vroeë Kinderontwikkeling-sentrums. Martins sê dié lae persentasie beklemtoon die behoefte aan groter belegging in onderwys in die streek: 
     
    1 min
  • SA parlementêre ampsklagkomitee verwerp bewerings oor die onttrekking van die getuienisleier
    Die voorsitter van die Parlementêre ampsklagkomitee, Makashule Gana, beskuldig die EFF en die African Legal Professionals Association daarvan hulle het die gebeure rondom die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se benoeming as getuienisleier vir die Phala Phala-ondersoek wanvoorgestel het. Die EFF en die vereniging het die Wes-Kaapse Hooggeregshof genader om die besluit te betwis. Gana sê die komitee se regspan sal aanvoer sy besluite is in ooreenstemming met die Parlement se reëls geneem wanneer die saak vandag hervat word:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…