Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Staatskuld bly styg, kan goed wees, maar...
    Reaksie word ontvang op Namibië se toenemende binnelandse staatskuld, wat in September 168 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n styging van 19 persent vergeleke met 'n jaar gelede. Die toename is aangedryf deur meer binnelandse geregistreerde effekte en tesourie-wissels. Die beleggingsontleder Kara van den Heever van Momentum sê dat staatslenings ekonomiese groei kan ondersteun, mits die geld aangewend word vir produktiewe beleggings met 'n hoë opbrengs wat groei vinniger genereer as wat dit kos om die skuld te diens.
    1 min
  • Vervoerkoste in SA 'gaan beslis styg'
    Die Padvragvereniging sê die jongste brandstofprys-styging gaan verdere druk op vervoerkoste en voorsieningskettings plaas wat ʼn uitwerking op produkpryse sal hê. Brandstof maak tussen 35- en 55-persent van bedryfskoste uit, afhangende van die operasie, tipe voertuig en roetes. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gavin Kelly, sê vervoermaatskappye sal onvermydelik pryse moet verhoog:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • FNB Kudus reg om titel teen FNB Wanderers Saterdag te verdedig
    Die FNB Kudus sien daarna uit om hul titel hierdie Saterdag teen FNB Wanderers te verdedig in 'n hoogs verwagte eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga op die Hage Geingob-stadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kudus se hoofafrigter, Cameron Langenhoven, gesels wat sê die span is in uitstekende vorm en vasbeslote om die wedstryd 'n mededingende een te maak.
    1 min
  • WGO: Rusland moet deursigtig wees oor laboratorium-sterfte
    Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Rusland gemaan om volledige en deursigtige inligting te verskaf na die dood van ʼn laboratoriumtegnikus by die Irkoetsk-navorsingsinstituut vir Plaagbestryding van Siberië in die suidooste van Moskou. Volgens onbevestigde berigte het die 28-jarige Darya Shipilova siek geword nadat ʼn proefbuis met builepes gebreek het, of ná ʼn besoek aan ʼn streek waar dit natuurlik voorkom. Rusland sê sy is dood aan longontsteking van “onbekende” oorsprong. ʼn WGO-woordvoerder, Christian Lindmeier, sê Rusland moet ʼn akkurate bepaling van ʼn moontlike openbare gesondheidsgevaar moontlik maak:
    1 min
  • Namibië en Duitsland verdiep ontwikkelingssamewerking
    Namibië en Duitsland het ooreengekom om hul jarelange ontwikkelingssamewerking verder te verdiep na 'n onlangse inter-regeringsdialoog. Die twee regerings het hul gedeelde verbintenis herbevestig om volhoubare en inklusiewe ontwikkeling te bevorder deur voortgesette bilaterale samewerking, wat voortbou op pogings in die afgelope 36 jaar. Florian Seitz, adjunkhoof van die missie by die Duitse ambassade in Namibië:
    1 min
  • Access Bank sal oorgrenshandel en innovasie hupstoot gee
    Die Bank van Namibië het 'n kommersiële banklisensie aan Access Bank Namibia toegestaan, wat die Nigeriese groep in die land se 200 miljard Namibiese dollar-sektor bring. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê Access Bank se teenwoordigheid in 24 lande sal plaaslike innovering bevorder en oorgrens-handel onder die AfCFTA versterk. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…