Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Multi-miljoen-rand Mandrax-laboratorium in Noordwes ontdek
    Die polisie in Noordwes het drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligensie en die Hartbeespoortdam-honde-eenheid die vier verdagtes gevind. Hy sê hulle het ook afgekom op vier vuurwapens, ʼn mengsel om dwelms te maak en toerusting wat vermoedelik gebruik word om dwelms te vervaardig:
    1 min
  • Binnelandse-ministerie: e-ID-sisteem het streng sekuriteits-kenmerke
    Die binnelandse sake-ministerie sê streng wetlike protokolle en ouditeerbare toegangslogboeke is ingebou in die nuwe elektroniese identiteitstelsel om wydverspreide identiteitsdiefstal te bekamp en dataprivaatheid te verseker. Hoofregistrateur Jackson Wandjiva sê gemagtigde liggame soos wetstoepassing, intelligensie en die Ombudsman kan slegs toegang tot identiteitsdata verkry deur aangewese wetlike kanale, met elke versoek aangeteken in 'n amptelike toegangsregister.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Section27 verwelkom hofuitspraak wat 50 matriekleerders van groepafskryf vryspreek
    Die menseregte-voorstandersgroep Section27 het 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Polokwane verwelkom wat 50 voormalige matriekleerders van die Baphutheng Senior Secondary School in Limpopo vrygespreek het van bewerings van eksamen-onreëlmatighede. Die leerders is van groepafskryf beskuldig nadat ooreenkomste gevind is in hul antwoorde vir die 2024-eksamens in Besigheidstudies en Ekonomie. Thato Gaffane van die organisasie sê die provinsiale Departement van Onderwys is gelas om hul volledige uitslae uit te gee en hul Nasionale Senior Sertifikate uit te reik:
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • DA: Vervang Padongelukkefonds om brandstofpryse te verlaag
    Die DA sê brandstofpryse kan verlaag word deur die Padongelukkefonds te vervang en die heffing wat dit finansier, af te skaf. Chris Hunsinger van die party sê die Padongelukkefonds het uitstaande eise van sowat 450-miljard-rand, terwyl sy jaarlikse inkomste slegs 47-miljard-rand beloop. Hunsinger voeg by dat motoriste meer vir brandstof betaal om 'n stelsel te finansier wat besig is om te misluk, en hy dring aan op dringende hervorming om die koste van petrol en diesel te verlaag:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Otjozongombe-veldbrand deur weerlig veroorsaak
    Die velbrand wat Sondag in die Otjozongombe-gebied ontstaan het is deur weerlig veroorsaak. Dis volgens die senior bosboutegnikus by die ministerie van bosbou in die Kunene-streek, Frans Amunyela. Amunyela het met Nampa gepraat en sê die brand is nog steeds aktief en het reeds groot dele van die veld vernietig:
    1 min
  • Saftu vra vir paraffien-noodsubsidie om arm huishoudings te beskerm
    Die vakbondfederasie Saftu sê 'n noodsubsidie vir paraffien is noodsaaklik om arm huishoudings teen die skerp styging in brandstofpryse te beskerm. Die federasie voer aan die verhoging van paraffien-pryse met 3-Namibiese-dollar-58-sent per liter sal verdere druk plaas op gesinne. Asive Dyani van Saftu het die jongste brandstofprysstygings veroordeel en waarsku dit kan die lewens-koste-krisis vir werkersklas-huishoudings vererger:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…