Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • SA privaatsektor gaan nou ook BKS-entstof vervaardig
    Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie in grootmaat vervaardig nie. Aucamp sê die vennootskap sal help om vee te beskerm en voedselsekerheid te beveilig:
    1 min
  • Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging
    Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend dat internasionale lugverbindings teen middel 2026 tot 17 bestemmings toegeneem het, vergeleke met 10 in 2023. Sy waarsku egter dat Namibië 'n duur bestemming geword het.
    1 min
  • Sit beloftes oor in waterprojekte in Afrika: NNN by VN
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah het tydens die VN se Algemene Vergadering in New York 'n beroep op globale vennote gedoen om dringend politieke beloftes in bankbare waterprojekte reg oor Afrika te omskep. Met die klem op Namibië se strewe onder NDP6 om beleggings vir seewaterontsouting, suiwering en waterdraeraanvulling te lok, het die president opgemerk dat terwyl die vasteland jaarliks tot 12 miljard Amerikaanse dollar mobiliseer, dit steeds ver van sy teiken van 30 miljard dollar teen 2030 is.
    1 min
  • 12 keatiewes, 12 uur, 4 nuwe Namibiese kinderboeke
    Twaalf plaaslike kreatiewe persone het vier nuwe Namibiese kinderboeke in slegs 12 uur tydens die derde uitgawe van BookSprint Namibia 2026 by die Goethe-instituut vervaardig. Die inisiatief is daarop gemik om 'n leeskultuur onder kinders van drie- tot agt-jaar te bevorder deur hoëgehalte, plaaslik vervaardigde leesmateriaal te verskaf. Hoof van inligting en biblioteek by die instituut, Jasko Rust, sê na finale ontwerpverfynings sal die nuwe titels in 2027 in nege plaaslike tale vertaal word en gratis aan die publiek en opvoedkundige organisasies reg oor die land versprei word.
    1 min
  • Die 16:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Senior SA polisie-offisier in arres vir seksuele oortredings: SAPD
    Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is Maandagaand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus 'n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord moet begin by aanspreeklikheid in polisie-geledere:
    1 min
  • 112 vragmotor-ongelukke, 48 sterftes in 8,5 maande
    Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het tussen 1 Januarie en 16 September landswyd 112 vragmotor ongelukke aangeteken, wat gelei het tot 211 beserings en 48 sterftes. Die Erongo-streek het die hoogste aantal ongelukke en sterftes aangeteken, gevolg deur Khomas. Botsings was die mees algemene tipe ongeluk en was verantwoordelik vir 57 ongelukke, 157 beserings en 37 sterftes. Ongelukke waarby voetgangers betrokke was, het 24 voorvalle, 17 beserings en 10 sterftes behels. Jones Lutombi, die fonds se bestuurder vir ongelukke- en beseringsvoorkoming:
    1 min
  • Nuwe brandstof-ooreenkoms 'sal verbruikers beskerm'
    Die nuwe driemaande-grootmaatbrandstofkontrak met TotalEnergies sal na verwagting Namibiese verbruikers teen skielike prysstygings by die pomp beskerm. Die minister van energie, Modestus Amutse, sê die ooreenkoms, wat 345 miljoen liter vanaf November dek, het afslag onder maatstafpryse verseker, wat die Nasionale Energiefonds meer as 220 miljoen Namibiese dollar bespaar het in vergelyking met die huidige kontrak met Vitol.
    1 min
  • Bouwerkers sny kabel af, chaos in VSA vlugte
    Meer as sewe-duisend vlugte reg oor Amerika is gister vertraag of gekanselleer en meer as 100 is herlei nadat konstruksiewerkers per ongeluk ʼn kabel afgesny het wat nodig is vir lugverkeerbeheer in Philadelphia. Die Newark Liberty internasionale lughawe in New Jersey en Philadelphia internasionale lughawe in Pennsilvanië is die swaarste getref. Amerika se minister van Vervoer, Sean Duffy, sê hierdie voorval beklemtoon die behoefte aan bykomende befondsing om verouderende infrastruktuur te moderniseer en in die toekoms onderbrekings soos dié te voorkom:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…