Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Maak Spore: Megan Gevers oor die Light of Hope-inisiatief
    Elmero Strauss gesels met Megan Gevers, Miss Elite Face of Hope Namibia 2026, oor die Light of Hope-inisiatief. Hulle fokus op die uitreik na kwesbare kinders, ondersteuning aan mense sonder ’n tuiste en die belangrikheid van omgee en diens aan ander. ’n Inspirerende gesprek oor hoop en hoe selfs klein dade ’n groot verskil in iemand se lewe kan maak.
    10 min
  • Kaapstad belowe om bekostigbare behuising uit te brei
    Die Kaapstadse burgemeester en leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, het 'n belofte gemaak om bekostigbare behuising in die stad uit te brei. Hy het die belofte by die Soutriviermark-terrein gemaak, waar 970 bekostigbare huise beplan word. Die plan sluit in die bou van meer bekostigbare huurhuise, om meer stadsgrond beskikbaar te stel, die opgradering van informele nedersettings en vennootskappe met privaat ontwikkelaars en maatskaplike behuisingsorganisasies. Hill-Lewis sê die projek sal 300 huurwoonstelle vir maatskaplike behuising en 670 bekostigbare markeenhede insluit:
    1 min
  • Verbeter deelname aan begrotingsproses om lewens te verbeter
    Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, sê parlemente moet burgerdeelname aan die begrotingsproses verbeter om die publiek se lewens te verbeter. Sy het tydens die negende konferensie van die Afrika-netwerk van parlementêre begrotingskantore in Swakopmund beklemtoon dat openbare betrokkenheid verseker dat elke ekonomiese beleid en begrotingstoewysing deursigtigheid en kollektiewe belang weerspieël. Die jaarlikse geleentheid fokus op die rol van parlementêre begrotingskantore in die ondersteuning van wetgewende toesig teenoor Agenda 2063.
    1 min
  • Krieket: Protea-afrigter glo Rabada sal beskikbaar wees vir toetsreeks teen Australië
    13:30 – Sport

    Krieket: Die Proteas se hoofafrigter, Shukri Conrad, sê Kagiso Rabada se beskikbaarheid vir die toetsreeks van drie wedstryde teen Australië sal afhang van sy vordering met rehabilitasie. Die snelbouler het verlede maand tydens oefening sy dyspier beseer. Hy het reeds die maand se eendagreeks teen Australië weens die besering misgeloop. Conrad sê hy is vol vertroue dat Rabada gereed sal wees vir die toetsreeks:
    1 min
  • Save the Rhino Trust: Muller se dood groot verlies vir bewaringsgemeenskap
    Namibië se bewaringsgemeenskap treur oor die dood van die 53-jarige renosterboer Jaco Muller, wat in 'n girokopterongeluk op sy plaas in die Outjo-distrik omgekom het. Muller, die stigter van die Rhino Momma-projek in Kunene, was 'n passievolle voorstander van renosterbewaring en die stryd teen renosterstropery. Simson Uri-Khob, uitvoerende hoof van die Save the Rhino Trust, sê sy dood is 'n groot verlies vir die bewaringsgemeenskap. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Laurie Marker benoem vir 2027 Indianapolis-prys
    Laurie Marker, stigter van die Cheetah Conservation Fund, is genomineer vir die 2027 Indianapolis-prys vir haar werk in wildbewaring in Namibië. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Marker die internasionale erkenning toegeskryf aan haar span en die plaaslike boeregemeenskappe wat die afgelope 35 jaar met die fonds saamgewerk het. Sy het gemeenskapsinisiatiewe, soos die gebruik van veebeskermingshonde, uitgelig as 'n sleutelfaktor om konflik met roofdiere te voorkom. Sy sê Namibië se wetenskapgebaseerde bewaringsmodel dien nou as 'n wêreldwye voorbeeld vir die beskerming van spesies en 'n genetiese biobank:
    1 min
  • Kraamverlofvoordeel verhoog van N$ 15 000 tot N$ 20 000
    Die Minister van Justisie en Arbeid, Wise Immanuel, sê die toename in die kraamverlofvoordeel sal verseker dat kwalifiserende verwagtende moeders groter finansiële ondersteuning ontvang terwyl hulle met kraamverlof is. Die Maatskaplike Voorsorgkommissie het vanoggend aangekondig dat die land se kraamverlofvoordeel van 15 000 Namibiese dollar tot 20 000 dollar verhoog. Immanuel, het ook verhoogde voordele vir siekteverlof, dood, aftrede en ongeskiktheid aangekondig:
    1 min
  • Derde Dawn Park-moord verdagte vrygelaat
    Die Suid Afrikaanse nasionale adjunkpolisiekommissaris, Tebello Mosikili, het bevestig dat die man wat saam met twee vroue in verband met die moord op Jabulile Ntimba in hegtenis geneem is, vrygelaat en nie aangekla is nie. Haar liggaam is verlede week in Villa Liza naby Dawn Park gevind. Sy is die negende vrou wat sedert Julie vanjaar dood aangetref is in Ekurhuleni. Twee vroue wat met haar moord verbind word, het gister vlugtig in die Boksburg-landdroshof verskyn. Mosikili sê die polisie beskik nie oor voldoende bewyse om die saak teen die derde verdagte voor die hof te bring nie:
    1 min
  • Ally Angula dien dringende hersieningsaansoek in teen NamRA en Belastingtribunaal
    Die geoktrooieerde rekenmeester en voormalige onafhanklike presidensiële kandidaat Ally Angula het 'n dringende hersieningsaansoek in die hoërhof teen NamRA en die Belastingtribunaal ingedien, waarin die verwerping van belastingaftrekkings van miljoene dollar vir die finansiële jare 2014, 2015 en 2016 betwis word. Angula vra die hof om 'n Belastingtribunaal-uitspraak van Augustus 2026 tersyde te stel en NamRA se aanvanklike beswaarbesluit van 2025 tersyde te stel, wat haar geëisde bedryfsuitgawes en slegte skuld heeltemal verwerp het. Yanna Smith het meer.
    2 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…