Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 15:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    2 min
  • Kry verslag nou klaar, hoor ad hoc-komitee
    Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die ad hoc-komitee gewaarsku om nie van sy mandaat af te wyk nie, sy werk af te handel en sy verslag voor te lê. Die komitee ondersoek beweerde korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel en het verlede week sy sesde uitstel verkry. Didiza sê hy hoef nie oor alles saam te stem nie, maar meningsverskille kan in die verslag vermeld word:
    1 min
  • Dis ons plig om Kuba te help: NNN
    'n Solidariteitsete ter ondersteuning van Kuba het meer as 19 miljoen Namibiese dollar in beloftes ingesamel en sodoende die aanvanklike doelwit van 5 miljoen Namibiese dollar oortref. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het burgers aangemoedig om die fondsinsamelingspoging te steun en beklemtoon dat Namibië se bystand nie 'n blote transaksionele liefdadigheidsdaad is nie, maar 'n blywende morele verpligting wat uit wedersydse opoffering voortspruit.
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Die nuus om 13:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Bewyse dat VSA aanval op Iranse skool oorlogmisdaad is
    ʼn Paneel menseregte-kenners van die Verenigde Nasies sê hulle het redelike gronde gevind dat Amerika in twee aanvalle in Iran waarin minstens 178 burgerlikes dood is, oorlogsmisdade gepleeg het. ʼn Nuwe verslag deur die onafhanklike internasionale feite-sending in Iran het bevind die missiel-aanvalle in Februarie op ʼn laerskool in Minab en ʼn sportkompleks in Lamerd kan beskou word as aanvalle wat burgerlike sterftes of skade aan burgerlike infrastruktuur veroorsaak het. ʼn VN-woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê die bevindings is kommerwekkend:
    1 min
  • Old Mutual beloon top-wiskunde leerders
    Die Old Mutual-stigting sê dit het 50 000 Namibiese dollar in die Nasionale Wiskunde-olimpiade belê, wat toppresterende hoërskoolleerders in al 14 streke erken met effektetrustpryse. Roland Ndjamba en Helena Haikali van die African Olympiad Academy het die topposisies behaal, en het elk 8 000 Namibiese dollar-effektetrustrekeninge ontvang. Old Mutual-stigting-trustee, Ramona Itembu, sê die versterking van wiskundige vaardighede is belangrik vir die bou van 'n opgeleide, tegnologie-gedrewe werksmag:
    1 min
  • Die 12:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Okh-inwoners warm onder die kraag oor Eswatini-reis
    Inwoners van Okahandja dring aan op die kansellasie van 'n beplande reis deur 35 munisipale amptenare na Eswatini, waar hulle na verwagting van 20 tot 25 September aan die 20ste uitgawe van die Southern Africa Inter-Municipal Sports Association-spele sal deelneem. Na verwagting sal die reis die munisipaliteit ongeveer 175 000 Namibiese dollar kos. Gemeenskapsaktivis Sethy Gariseb sê inwoners het 'n petisie aan die lynministerie gerig om die reis te stop, met die argument dat die dorp sukkel om toegang tot basiese dienste te verkry. Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat inwoners gereed is om te betoog indien die amptenare met die reis voortgaan.
    1 min
  • Groot kommer oor die Okavangorivier en Rundu se riool
    Inwoners en die omgewing langs die Okavango-vloedvlakte kan in gevaar wees, aangesien riool van Rundu se afvalwaterdamme na bewering deur die dorpsraad in die vloedvlakte naby die Rundu-Calai-grenspos vrygestel word. Die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham waarsku dat, hoewel rioolverdampingsdamme voëls kan lok en waardevolle habitatte kan skep, die nabyheid daarvan aan die Okavangorivier ernstige kommer oor die omgewing en openbare gesondheid laat ontstaan. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…