Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Registrasies sluit vandag vir NLU-jaarkongres
    Registrasies vir die jaarkongres van die Namibiese Landbou-unie sluit vandag. Die NLU neem die gesprek regstreeks na boeregemeenskappe deur middel van belangrike streeksvergaderings in Otjiwarongo, Mariental en Windhoek. Roelie Venter, die unie se uitvoerende hoof, sê vanjaar se kongres sal alles van beleidsopdaterings tot die toekoms van plaaslike voedselproduksie dek.
    1 min
  • IRR in buurland waarsku oor raswette
    Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê raswette veroorsaak nie net regstreekse skade nie, dit het ook ander negatiewe gevolge. Dit belemmer groei en belegging en weerhou mense van geleenthede weens hul ras of geslag. Amerika het onlangs nuwe visumbeperkings op Suid-Afrika ingestel wat verband hou met raswette en onteiening sonder vergoeding. Die instituut se uitvoerende hoof, John Endres, sê die beperkings is nie ʼn verrassing nie. Hy sê Washington het reeds verlede jaar sy besorgdheid bekendgemaak, maar Pretoria het sedertdien niks aan die betrokke wette gedoen nie:
    1 min
  • LPM bevraagteken of GRN sy behuisingsbeloftes kan nakom
    Die LPM-parlementslid Eneas Emvula bevraagteken of die regering sy ambisieuse beloftes oor behuising en stedelike grond kan nakom, midde uiters stadige grondvoorsiening. Emvula sal die saak na verwagting aanstaande Donderdag in die Nasionale Vergadering aan eerste minister Elijah Ngurare voorlê en die regering uitdaag oor sy doelwit om jaarliks 10 000 bekostigbare maatskaplike behuisingseenhede te bou.
    1 min
  • Die 11:00 bulletin
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • ANC-vroueliga vra gesamentlike optrede na moorde
    Die ANC-vroueliga sê daar is 'n behoefte aan eenheid en gesamentlike optrede ná die toenemende aantal vroue wat in Ekurhuleni, Gauteng, vermoor is. Volgens die party blyk dit die moorde volg 'n kommerwekkende patroon en het vrese laat ontstaan dat 'n reeksmoordenaar daarvoor verantwoordelik kan wees. Die sekretaris-generaal van die liga, Nokuthula Nqaba, doen 'n beroep op 'n enkele, inklusiewe nasionale gedenkdiens om die slagoffers te vereer en hul gesinne en gemeenskappe te ondersteun:
    1 min
  • Wavisbaai-lughawe se weerstelsels is herstel
    Die ministerie van werke en vervoer sê meteorologiese dienste by die Walvisbaai Internasionale Lughawe is nou ten volle herstel ná 'n onderbreking wat op Vrydag, 11 September, begin het. Die onderbreking het die beskikbaarheid van huidige weerwaarnemings beïnvloed en daartoe gelei dat sommige geskeduleerde vlugte na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe herlei is. Die Walvisbaai-lugruim is tydelik van Klas C na Klas G herklassifiseer as 'n voorsorgmaatreël om veilige vlugbedrywighede te ondersteun. Die ministerie se woordvoerder, Tangi Shivute:
    1 min
  • Die nuus om 10:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Nasionale Mondgesondheidsweek: Die belangrikheid van goeie mondgesondheid
    Ter viering van Nasionale Mondgesondheidsweek gesels Laimi met Marceline Robyn oor die belangrikheid van goeie mondgesondheid. Hulle bespreek waarom gereelde tandheelkundige ondersoeke belangrik is, asook praktiese wenke oor hoe om jou tande en glimlag behoorlik te versorg.

    Goeie mondgesondheid is ’n belangrike deel van jou algemene gesondheid. ’n Bietjie ekstra aandag aan jou tande vandag kan ’n groot verskil aan jou gesondheid môre maak.
    8 min
  • Sonoppervlak beleef talle uitbarstings
    Die oppervlak van die son was die afgelope tyd besig met reuse X- en M-klas-sonuitbarstings wat deur Nasa gemonitor is. Van die uitbarstings is vasgelê met strome gelaaide deeltjies na die Aarde gestuur is. Dit kan ook 'n redelike groot impak op die planeet hê soos professor Pieter Meintjies, astrofisikus by die Vrystaatse Universiteit verduidelik.
    1 min
  • Die 09:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…