Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Proteas gereed vir eendagreeks teen Aussies
    Krieket: Die Proteas se kaptein, Temba Bavuma, sê die eendagreeks teen Australië is 'n wonderlike geleentheid vir die span om hul ritme te vind. Die snelbouler Gerald Coetzee keer terug na sy laaste eendagwedstryd vir Suid-Afrika in 2023 se Wêreldbekertoernooi. Aiden Markram, Lungi Ngidi, David Miller en Quinton de Kock het ruskans gekry tydens die reekse in Namibië. Bavuma sê hulle is gereed om een van die wêreld se beste spanne te pak:
    1 min
  • Nuwe stelsel vir beesoorplaatjies skop in
    Veeboere moet kennis te neem van 'n nuwe stelsel vir beesoorplaatjies. Die landbouministerie sê 'n nuwe nege-syfer-oorplaatjie is ingestel namate die vraag na amptelike bees-identifikasienommers groei, terwyl bestaande agt-syfer-etikette geldig bly en nie verwyder of vervang moet word nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad se bemarkingsbestuurder, gesels vir meer.
    1 min
  • Vele nuwe geleenthede vir kunstenaars by NTN
    Plaaslike kunstenaars word nuwe geleenthede gebied deur die Nasionale Teater van Namibië se 2026/2027-seisoen. Belangrike geleenthede sluit in Lammie Beukes se oudisies in Windhoek op 10 en 11 September, en Lüderitz op 17 September. Die NTN doen ook 'n beroep op komponiste en kore vir die 2027 Blended Voices Koorkompetisie, met sperdatums in Oktober, terwyl akteurs in Kunene genooi word om by 'n teaterontwikkelingsinisiatief aan te sluit. NTN-woordvoerder Desiree Mentor:
    1 min
  • Woede in VSA oor 9/11-gekoppelde sterftes
    Vrydag herdenk die VSA 25 jaar sedert die 11 September 2001 terroriste-aanvalle. In New York is byna 3 000 mense dood toe die World Trade Center se torings ineengestort het nadat vliegtuie daarin vasgevlieg het. Maar 'n herrie het losgebars oor die nuus dat meer mense gesterf het aan siektes wat veroorsaak is deur die giftige lug en stof, met ramings wat 5 000 sterftes oorskry. Slagoffers sterf aan respiratoriese siektes, hartsiektes en long- of bloedkanker wat gekoppel is aan die puin en gifstowwe op die toneel. Die New York-burgemeester, Zohran Mamdani.
    1 min
  • Fokus verskuif van waterstof na alle skoon energie
    Die Namibiese Groenwaterstofprogram het 'n strategiese verskuiwing in die land se skoon energie-agenda uitgelig na die afskop van die nuut herbenoemde Afrika-Groen Nywerheidsberaad in Swakopmund. Woordvoerder Jona Musheko verduidelik dat die byeenkoms, na twee jaar as die Groenwaterstofberaad, amptelik herdoop is om 'n breër fokus op groen industrialisering te weerspieël. Musheko sê dat die hersiene omvang verder as waterstof as 'n geïsoleerde kommoditeit beweeg, en alle groen energie as direkte drywer vir plaaslike mineraalwaardetoevoeging, mynboubedrywighede, vervoer en landbou posisioneer.
    1 min
  • Nasionale belang 'moet politieke belange troef'
    Die nuut genomineerde lid van die Veiligheidskommissie, Nico Somaeb, sê nasionale belang en openbare vertroue moet voorkeur geniet bo partypolitieke wedywering in die parlement. Na sy nominasie het Somaeb met die nasionale uitsaaier gepraat en sy verbintenis tot veelparty-samewerking in die Nasionale Vergadering beklemtoon, om beleidsoplossings te bevorder wat alle Namibiërs bevoordeel. Hy het bygevoeg dat politieke veldtogte streng tot verkiesingsperiodes behoort en belowe om saam met wetgewers van alle politieke affiliasies te werk om belangrike nasionale kwessies aan te spreek.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…