Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 12:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die lewer en A.Vogel Boldocynara
    Jean-Louis gesels met Estie Schreiber oor die belangrike rol wat die lewer in ons algemene gesondheid speel.

    Dr Vogel het die lewer die reguleerder van menslike gesondheid genoem. In dié gesprek kyk Jean-Louis en Estie na hierdie kosbare orgaan, hoe ons dit kan ondersteun en na A.Vogel Boldocynara, ’n kruietonikum wat die funksie van die lewer en galblaas ondersteun.

    A.Vogel Boldocynara is sonder voorskrif by apteke beskikbaar.

    Vir meer inligting, besoek www.avogel.co.za of stuur ’n e-pos aan [email protected].
    13 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • VSA sal nog Iranse olietenkskepe aanval as Iran sy oorlogskepe teiken
    Amerika se Sentrale Bevel sê sy leër het vyf Iranse tenkskepe vernietig nadat dié land se Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps die afgelope twee dae twee keer probeer het om ʼn Amerikaanse oorlogskip met ballistiese missiele aan te val. Amerikaanse magte het vier olie-tenkskepe in die Golf van Oman en een naby Kharg-eiland in die Persiese Golf getref. Iran het uit weerwraak missiele afgevuur op ʼn Amerikaanse basis in Jordanië. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, waarsku nog Iranse olietenkskepe sal gesink word indien aanvalle op oorlogskepe voortgaan:
    1 min
  • Saai sê Onderstepoort Biologiese Produkte moet geprivatiseer word
    Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief sê die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte voldoen nie aan die veebedryf se entstofbehoeftes nie en moet geprivatiseer word. Volgens die landbou-organisasie plaas tekorte aan entstowwe vir siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-perdesiekte boere onder druk. Theo de Jager van Saai sê groter betrokkenheid deur die privaat sektor kan entstofproduksie en -voorsiening verbeter:
    1 min
  • Die 10:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • SA rol lenacapavir uit
    Die Departement van Gesondheid sê meer as 55 000 mense het begin om lenacapavir te gebruik, 'n inspuitbare medikasie wat twee keer per jaar toegedien word om MIV te voorkom. Die program is by 360 openbare gesondheidsfasiliteite in ses provinsies bekendgestel, met vroue wat 71-persent van die ontvangers verteenwoordig. Gauteng het die hoogste aantal inspuitings aangeteken, gevolg deur KwaZulu-Natal. Foster Mohale van die departement sê die program word noukeurig gemonitor om te verseker dat die medikasie veilig is en beskikbaar bly:
    1 min
  • Nuwe wêreldkaart herstel waardigheid vir Afrika
    Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies het 'n resolusie aangeneem om tradisionele wêreldkaarte te vervang met projeksies wat Afrika se geografiese proporsies akkuraat weerspieël. Die resolusie, getiteld "Korrigeer die Kaart", versoek internasionale en opvoedkundige instellings om alternatiewe vir gelyke oppervlaktes, soos die Gelyke Aarde-projeksie, aan te neem. Politieke ontleder Henning Melber het opgemerk dat die regstelling van kaartproporsies Afrika-waardigheid herstel en langdurige koloniale visuele vooroordele uitdaag. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Israel gaan Britse konsulaat in Jerusalem sluit
    Israel se regering gaan die Britse konsulaat in Jerusalem sluit nadat Brittanje sanksies ingestel het teen goedere wat in die Wesoewer vervaardig word. Dit sal waarskynlik Brittanje se vermoë om in Palestina te werk kniehalter, omdat dit nie ʼn buitepos in die Wesoewer of Gaza het nie. Israel verbied ook 12 verteenwoordigers wat deur Brittanje aangewys is om die land binne te gaan. Israel se minister van Buitelandse Sake, Gideon Saar, sê sy land sal ook teenmaatreëls instel teen ander lande wat teen Israel optree of wil optree:
    1 min
  • Solidariteit: SA rassewetgewing verdryf Afrikaners
    Solidariteit sê die verborge waarheid oor Suid-Afrika is dat ras weereens die staat se ordeningsbeginsel is. Jaco Kleynhans van die organisasie het ʼn boodskap gelewer by ʼn vergadering van die Patriotte vir Europa in Brussel. Hy het aan die Europese Parlement gesê die Suid-Afrikaanse regering se toenemende rassewetgewing, asook die staat se verval en vyandigheid teenoor minderhede, verdryf Afrikaners stelselmatig uit hul eie land. Kleynhans sê die doel moet die einde van rassewetgewing wees.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…