Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die 09:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • GNU vorder met vyfpunt-migrasieplan
    Die Interministeriële Komitee sê die regering vorder met sy vyfpunt-plan oor migrasie. Dit sluit strenger wetstoepassing, verbeterde grensbeheer en die modernisering van immigrasiestelsels in. Meer as 350 000 ondersoeke is reeds uitgevoer en meer as 86 000 buitelandse burgers is verwerk vir deportasie of repatriasie. Die komitee se voorsitter, Mmamoloko Kubayi, het op 'n nuuskonferensie gesê die regering en buurlande werk saam om grensbeheer te verbeter en migrasie te bestuur:
    1 min
  • Haufiku het kommer oor befondsingsgaping met MIV
    Voormalige gesondheidsminister, dr. Bernard Haufiku, beskryf Amerika se besluit om finansiële steun vir Namibië se MIV-reaksie uit te faseer, as 'n groot terugslag vir globale solidariteit en plaaslike gesondheidsinisiatiewe. Amerika sal 'n finale 800 miljoen Namibiese dollar in die 2027-boekjaar verskaf voordat na uitsluitlik tegniese samewerking oorgeskakel word. Haufiku waarsku dat terwyl Namibië sterk kliniese behandelingsteikens bereik het, burgerlike samelewing-organisasies ernstige befondsingsgapings in die gesig staar sonder internasionale skenkersteun. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Meer inligting bekend oor Britse sanksies teen onwettige Israelse nedersettings
    Meer inligting is bekend oor Britse sanksies teen onwettige Israelse nedersettings. Brittanje gaan die invoer van goedere van die nedersettings in die besette Wesoewer verbied. Die minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê daar is etniese suiwering van Palestyne in dele van die Wesoewer deur setlaar-"terroriste". Die sanksies sluit ook 'n nuwe verbod op wapenlisensies en persoonlike sanksies teen sleutelpersone in wat daarvan beskuldig word dat hulle setlaargeweld bevorder. Elf lande, insluitend Frankryk, Kanada en Spanje, gaan soortgelyke sanksies instel. Miliband sê Israel se besetting van die Wesoewer is onwettig:
    1 min
  • Ekonoom sê Suid-Afrika ekonomie het terugslag beleef
    Die ekonoom van die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê Suid-Afrika se ekonomie het 'n terugslag beleef nadat die bruto binnelandse produk met 0,2-persent tussen April en Junie gekrimp het. Volgens Parsons het die onlangse wêreldwye energieskok die land se herstel onderbreek, met mynbou en vervaardiging wat groei terughou. Hy verwag die ekonomie sal vanjaar met ongeveer 1,2-persent groei en waarsku swak beleggings, hoë leenkoste en wêreldwye spanning kan ekonomiese groei verder bedreig:
    1 min
  • 07:00 Bulletin
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • FNB Eagles pak Suid-Afrika in internasionale reeks
    Namibië pak Suid-Afrika in 'n drie-wedstryd eendag-internasionale reeks wat vandag by die Namibië Krieketveld in Windhoek begin. Die FNB Eagles sal probeer om voort te bou op hul onlangse T-20 vertonings teen die Proteas wanneer die twee spanne vir die heel eerste keer in die 50-beurte formaat ontmoet. Die eerste wedstryd begin vanoggend om half-tien, met wedstryde ook geskeduleer vir Vrydag en Sondag. Krieket Namibië se president Rudi van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
    1 min
  • Nuus om 06:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…