Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Die nuus om 06:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Dinsdag, 8 September 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Met apologie aan Kurt Darren - ons wil almal huis toe gaan, maar behalwe dat ons nie 'n huis kan bekostig nie, kan ons skaars 'n los lappie grond kry om een daarop te bou. KosmosKapitaal het by Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gaan aanklop om die tekort aan gedienste erwe te ontleed.
    4 min
  • Kaapse metro's moet eers geldsake in orde kry voor projekte begin
    DA-leier Geordin Hill-Lewis sê sukkelende metro's sal eers hul geldsake en basiese dienste moet herstel voor groter infrastruktuurprojekte aangepak kan word, insluitend die regmaak van slaggate, straatligte en verkeersligte. Hy het aan die SABC gesê grootskaalse infrastruktuur-herstelwerk sal miljarde Suid-Afrikaanse rand kos. Die DA werf intussen kiesersteun in metros soos Johannesburg, Kaapstad, Nelson Mandelabaai en eThekwini. Hill-Lewis sê die herstel van vertroue kan ondernemings, beleggings en groei na die eiendomsmark lok:
    1 min
  • Regulasies kom vir jou tjoef
    Die gesondheidministerie wysig die Wet op die Beheer van Tabakprodukte van 2010 om elektroniese sigarette en nuwe nikotienprodukte saam met tradisionele tabak te reguleer. Tydens 'n belanghebberkonsultasie in Nkurenkuru het die nasionale programkoördineerder vir die voorkoming van dwelmmisbruik, Iyaloo Theofelus, gesê dat die gebruik van nie-tradisionele nikotienprodukte tydens die Covid-isolasie toegeneem het en nou streng statutêre beheer vereis.
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 7 September 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Padongelukkefonds betaal 16 geskorste werkers R29 miljoen
    ActionSA sê hy het ernstige bestuursgebreke in die Padongelukkefonds blootgelê nadat meer as 29-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan 16 werknemers betaal is terwyl hulle geskors is, sommige reeds sedert 2024. Dit beloop 'n gemiddeld van 1,82-miljoen-rand per werknemer sonder dat enige werk gedoen is. Alan Beesley van die party sê 'n parlementêre antwoord toon drie werknemers is reeds langer as 'n jaar geskors, terwyl 37 000 ongelukslagoffers steeds wag op uitbetalings:
    1 min
  • IPC bemagtig jeug binne party
    Die IPC se nasionale jeugleier, Michael Mwashindange, sê die party het doelbewus tradisionele "jeugligas" vermy en eerder gekies vir 'n strukturele beleid wat jongmense 'n 50 persent verteenwoordiging oor party- en regeringsleierskaprolle waarborg. Hy sê dat jong leiers in die party gelyke mededingsmagte kry. Hy voeg by dat die party voortdurend sy interne beleide hersien om te verseker dat jongmense die kern in besluitneming bly en plaaslike regeringshervorming aktief dryf. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…