Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Ramaphosa vereer SAPD-lede wat aan diens dood is
    President Cyril Ramaphosa het die 12 polisiebeamptes vereer wat gedurende die afgelope boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is. Hy het tydens die SAPD-herdenking in Pretoria gesê die beamptes moet nie as statistieke onthou word nie, maar as familielede en kollegas. Ramaphosa sê polisieveiligheid is almal se verantwoordelikheid. Hy het gevra vir sterker gemeenskapsbetrokkenheid in die bestryding van misdaad, en hy ondersteun die SAPD se "Dink Eers – Tree Veilig Op" Polisieveiligheidsaksieplan:
    1 min
  • Die nuus om 13:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Kenner sê oor jongste Bitcoin-neigings
    Bitcoin verhandel teen ongeveer 81 000 Amerikaanse dollar, wat 'n sterk opwaartse beweging oor die afgelope maand weerspieël. Kenners sê dat dit gedryf word deur institusionele invloei en verskuiwende makro-ekonomiese verwagtinge. Kosmos 94.1 Nuus het met Bitcoin Mining Namibia se hoof Bitcoin-beampte, Nikolai Tjongarero, gepraat wat 'n oorsig gee van onlangse tendense.
    1 min
  • Die nuus om 12:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min
  • Polisie slaan toe op dwelmlaboratium in Noordwes
    'n Soektog na vermiste bokke het volgens berigte daartoe gelei dat die polisie 'n geheime dwelmlaboratorium in Klipvoorstad, Noordwes, ontdek het. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Peter Adams, sê beamptes het toerusting ontdek wat na bewering gebruik word om Cat te vervaardig. Een verdagte, vermoedelik die huurder, is in hegtenis geneem, terwyl drie ander ontsnap het na 'n gebied wat as onveilig beskou word om te betree. Hy sê forensiese kundiges en die Valke gaan voort met die soektog na die verdagtes:
    1 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Swapo se Doreen Indongo nuwe adjunkburgemeester van Gobabis
    Swapo-raadslid Doreen Indongo is tydens 'n buitengewone sitting as die nuwe adjunkburgemeester van Gobabis verkies en het Wynand Lukas, 'n kandidaat vir A Right to Shelter, met vier stemme teen drie verslaan. Die verkiesing volg op 'n gespanne vergadering die vorige dag, waar RTS-verteenwoordigers geprotesteer het teen burgemeester Elwin Gariseb se versuim om voldoende reaksies te verskaf rakende munisipale sake, insluitend die beweerde verkoop van 100 erwe. Gobabis se munisipale woordvoerder, Frederick Ueitele, sê dat die sitting suksesvol afgehandel is voordat die landdros die adjunkburgemeestersverkiesing gelei het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die nuus om 10:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min
  • Staande noodreëlings vir paspoorte steeds geldig
    Die binnelandse sake-ministerie het sy paspoort-uitreikingsprosedures verduidelik na die IPC se Imms Nashinge kommer uitegespreek het oor langafstand-vragmotorbestuurders en streekshandel. Die ministerie se woordvoerder, Rauna Nyorkor, sê dat staande noodreëlings reeds aktief is om kommersiële bestuurders met gestaafde dringende reisbehoeftes te prioritiseer, met die handhawing van verwerkingstye tussen drie en tien werksdae. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Die nuus om 09:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…