Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Wees waterwys, sê owerhede ná Lentedag-natgooiery
    Die departement van water en sanitasie versoek Suid-Afrikaners om te heroorweeg hoe water gebruik word, daagliks en tydens vierings. Dit volg op wydverspreide voorvalle van watervermorsing tydens Lentedag-vieringe, toe mense mekaar met water natgegooi het. Woordvoerder Wisane Mavasa sê hierdie saak is dringend namate Suid-Afrika die gevolge van El Niño verwag, wat hoër temperature, veranderende reënvalpatrone en droër toestande kan meebring:
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Krisis in verdienste in arbeidsmark
    Sensussyfers van die Namibiese Statistiekagentskap toon dat 14 293 burgers van 60 jaar en ouer, insluitend meer as 400 individue ouer as 80, steeds werk. Arbeidskenner Herbert Jauch sê dit weerspieël 'n sistemiese krisis van lae lone en swak aftreedekking, en sê dat minder as 20 persent van werkers werkplekpensioene ontvang. Jauch sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit weerspieël 'n krisis in verdienste en die arbeidsmark:
    1 min
  • Die nuus om 07:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min
  • Minister beloof hervormings in onderwys
    Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê haar departement werk daaraan om die administratiewe las op skoolhoofde en onderwysers te verminder terwyl hulle in geletterdheid en syfervaardigheid belê. Gwarube het tydens die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Skoolhoofde se nasionale konferensie in Polokwane, Limpopo, beklemtoon dat hervormings leeruitkomste moet prioritiseer. Die minister sê sterk skoolleierskap en beter onderwyserontwikkeling is noodsaaklik om leeruitkomste te verbeter en 'n sterker grondslag vir kinders te bou:
    1 min
  • Die nuus om 13:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min
  • Grondwet se regte, vryhede nog vir baie net 'n droom
    Afgetrede regter Mbuyiseli Madlanga sê miljoene Suid-Afrikaners moet die regte en vryhede wat deur die Grondwet gewaarborg word, nog ten volle ervaar. Madlanga het tydens die Rabinowitz-lesing aan die Universiteit van Kaapstad verwys na volgehoue ongelykheid, kommer oor geregtigheid en verantwoordbaarheid, en uitdagings binne staatsinstellings. Hy het beklemtoon dat dringende optrede nodig is om grondwetlike regte 'n werklikheid in burgers se daaglikse lewens te maak:
    1 min
  • Die nuus om 12:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Seksmisdaad buite beheer in Noord-Kaap
    Die polisie in die Noord-Kaap sê seksuele oortredings het tussen April en Junie met 32,5-persent toegeneem, terwyl verkragtingsake wat met 43,4-persent gestyg het. Provinsiale polisiekommissaris Koliswa Otola sê baie slagoffers ken hul beweerde oortreders, by sommige verkragtingsake is kinders van dieselfde ouderdom betrokke, terwyl ander ouer oortreders betrek. Sy doen 'n beroep op gemeenskappe om nou saam met die polisie te werk om seksuele oortredings te voorkom en te verseker dat oortreders vervolg word:
    1 min
  • Die nuus om 11:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    3 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…