Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Ondersoek na sardynvrektes van stapel gestuur
    Berigte van dooie sardyne wat tussen Lüderitz, Oranjemund en Hentiesbaai aan wal spoel, wek kommer oor die oorlewing van Namibië se kritiek bedreigde Afrika-pikkewynbevolking. Damian Schreiber, veldbeampte van Ocean Conservation Namibia, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hoewel plaaslike uitsterwingsgetalle kleiner is as dié wat langs die Suid-Afrikaanse kus aangemeld is, enige verdere afname in sardynvoorrade die oorlewing van pikkewyne ernstig bedreig. Met slegs ongeveer 1persent van die historiese Afrika-pikkewynbevolkings wat oorbly, waarsku bewaringsbewustes dat ernstige voedseltekorte die grootste dryfveer bly wat die spesie na uitsterwing dryf.
    1 min
  • Die nuus om 06:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Trump-administrasie is kakistokrasie - George Clooney
    Die Amerikaanse verdedigingminister, Pete Hegseth, is onder skoot oor 'n sosiale media-plasing wat die spot dryf met lede van Kanada se kadette-jeugprogram. Hegseth het die foto gedeel wat wys hoe 'n oorgewig kadet 'n toekenning van haar instrukteur ontvang. Hy het die opskrif "dit is werklik" bygevoeg, 'n oënskynlike poging om Kanada se weermag te verkleineer deur met die paar se voorkoms te spot. Die Amerikaanse rolprentster George Clooney het by die Venesiese rolprentfees hierna verwys en gesê president Donald Trump se administrasie is 'n kakistokrasie, of 'n regering wat deur die mins gekwalifiseerde mense bestuur word.
    1 min
  • Oorvol party-bord vir SA se komende verkiesings
    Die Verkiesingskommissie sê 546 politieke partye sal op 4 November aan die plaaslike regeringsverkiesing deelneem, wat 75-persent van alle geregistreerde partye verteenwoordig. Twee-honderd en 27 nasionale partye, 33 provinsiale partye, 49 metropolitaanse partye en 237 distriksvlakpartye het kandidate benoem. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het op 'n nuuskonferensie gesê die hoë vlak van politieke deelname weerspieël sterk belangstelling in die komende verkiesing:
    1 min
  • Op'ie Kantlyn, 2 September 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    5 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Katima Mulilo-dorpsraad wil jeug by ekonomie betrek
    Die Katima Mulilo-dorpsraad het sy verbintenis herbevestig om plaaslike ekonomiese platforms te vestig wat jongmense in staat stel om volhoubare lewensbestaan binne hul eie streek te bou. Tydens die amptelike opening van die 9de Zambezi Bream and Cultural Expo, het burgemeester Kabende Kabende gesê dat die fees dien as 'n katalisator vir plaaslike ondernemings, en bevorder gasvryheid, informele handel, toerisme en kreatiewe nywerhede in die dorp. Hy het 'n boodskap vir die jeug.
    1 min
  • IPC stel mosie van wantroue in Speaker in
    Die IPC het 'n historiese mosie van wantroue in die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila ingedien, waarin gevra word vir haar sensuur en verwydering uit haar amp. Die mosie is vanmiddag deur die IPC-LP, Michael Mulunga, ingedien en is die eerste van sy soort sedert Namibië se onafhanklikheid. Mulunga wys op ontwrigtings in die Nasionale Vergadering, geskille oor beslissings en stemprosedures, en gevalle waar magte wat aan die Huis behoort, vanuit die Voorsittersstoel uitgeoefen is.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…