Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • SAPS dank Feroz Khan af
    Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, afgedank is. Dit volg na sy versuim om voor ʼn interne polisie-tugverhoor te verskyn in verband met bewerings van wangedrag. Die Arbeidshof het Maandag Khan se dringende aansoek verwerp om ʼn tugproses, wat hom sy werk kon kos, te keer. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê aangesien die saak deur verskeie regsprosesse gegaan het, sal die SAPD die howe se besluite respekteer en nakom:
    1 min
  • Meer as 2 000 leerders baat by OM inisiatief
    Meer as 2 000 leerders van skole in die Oshikoto-, Omusati-, Ohangwena- en Otjozondjupa-streke sal baat vind by Old Mutual Namibia se 2026 Chair and Desk-inisiatief. Old Mutual-woordvoerder Mignon du Preez sê die inisiatief poog om veiliger, gemakliker leeromgewings te skep vir leerders om ten volle aan die klaskamer deel te neem.
    1 min
  • Die nuus om 08:00
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Donderdag, 3 September 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Is daar 'n verband tussen banke se huiwering om huislenings toe te slaan en die regering? Ons gesels met Cirrus Capital-direkteur Romé Mostert. Ook in die bullie: ReconAfrica gooi nóg honderde miljoene dollar in hul soektog na olie en gas in Kavango-Wes.
    4 min
  • LPM vra befondsing vir behuising in begroting
    LPM-parlementslid Utaara Mootu het die stedelike en landelike ontwikkeling-ministerie versoek om dringend in te gryp en die verergerende stedelike grond- en behuisingskrisis aan te spreek. In 'n kennisgewing van vrae aan die parlement het Mootu gesê dat plaaslike owerhede nie bekostigbare gedienste grond lewer nie, wat duisende burgers in informele nedersettings vasvang of jare lank vir erwe laat wag. Mootu dring aan op befondsing in die komende middeltermyn-begrotingshersiening om finansieel gespanne munisipaliteite te help.
    1 min
  • Navo waarsku oor toenemende gevare van Rusland in Europa
    Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se sekretaris-generaal, Mark Rutte, waarsku dat Rusland al roekeloser raak terwyl sy oorlog teen Oekraïne voortduur. Hy sê Navo sien meer Russiese hommeltuie en missiele in bondgenote se lugruim langs die oostelike flank, wat ʼn groter gevaar vir Europa se veiligheid skep. Dit volg nadat Duitsland vasgestel het dat Moskou verlede maand verantwoordelik was vir ʼn mislukte hommeltuigaanval op die Leipzig-lughawe. Die hommeltuig het na bewering ʼn Oekraïnse vragvliegtuig geteiken. Rutte sê dis duidelik watter gevare Rusland inhou:
    1 min
  • Wes-Kaap vorder in stryd teen BKS
    Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, het boere, veeartse en bedryfsgroepe bedank vir hul samewerking in die stryd teen bek-en-klouseer. Meyer doen 'n beroep op beeseienaars om seker te maak dat hulle diere ingeënt is en dat streng biosekuriteitsmaatreëls gevolg word. Hy sê sterk samewerking tussen die regering en die landbousektor is belangrik om die provinsie se veeboerdery en landbou-ekonomie te beskerm:
    1 min
  • Koue en ryp, veral in Suide
    Swaar weer sal na verwagting oor dele van Suider-Afrika oor die volgende paar dae versprei, met die suidelike en sentrale binneland van Namibië wat na verwagting die ergste sal beleef. Albertina Anderson van die weerdiens sê daar is potensieel ontwrigtende weer vandag. Sy waarsku teen koue en ryp.
    1 min
  • Oorsig oor openbare befondsing aan partye is kritiek
    Namibië word aangespoor om sy wette oor politieke finansiering te hersien te midde van kommer oor swak toesig oor openbare befondsing aan politieke partye. 'n Nuwe verslag deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê belastingbetalers kan tussen 2020 en 2030 sowat 1,6 miljard Namibiese dollar spandeer om parlementêre partye te subsidieer, terwyl partyfinansiële state nie gereeld aanlyn vir openbare ondersoek gepubliseer word nie. Frederico Links, navorsingsgenoot by die instituut, sê dat die Verenigde Nasies vir die eerste keer internasionale riglyne oor die regulering van politieke finansies uitgereik het. Hy het meer.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…