Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Kaapstadse burgemeester vra taxileiers om te help om geweld te beëindig
    Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het 'n vlaag taxi-verwante skietvoorvalle wat sedert gister in Delft, Khayelitsha, Mfuleni en Gugulethu voorgekom het, veroordeel. Die Metro-polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op verskeie voorvalle gereageer. Die Stad doen ook 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietvoorvalle om dit anoniem aan te meld deur sy 'wenk-vir-beloning'-hulplyn. Hill-Lewis het 'n beroep op leiers in die taxi-bedryf gedoen om te help om 'n einde aan die geweld te maak en kalmte te herstel:
    1 min
  • NamPol vra hulp om jeugmisdaad hok te slaan
    NamPol se Zambezi-streekbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê wetstoepassing alleen kan nie jeugmisdaad in Katima Mulilo stop nie. Met verwysing na ’n toename in bendegeweld en rooftogte in brandpunte soos Choto en Cowboy, sê sy aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar nie genoeg personeel is om elke straathoek te patrolleer nie. Sy moedig inwoners aan om by buurtwagte aan te sluit om hul gemeenskappe veiliger te maak.
    1 min
  • Verskeie gebiede in Tshwane kry dalk waterbeperkings weens druk op stelsel
    Die Stad Tshwane sê hy gaan voort met waterbeperkings, Met hoë verbruik wat druk op die stelsel plaas. Hoewel sommige reservoirs 'n effense verbetering getoon het, bly ander steeds laag of leeg. Gebiede soos Ga-Rankuwa, Louwlardia, Winterveld, Mooikloof en Queenswood bly onder druk, terwyl ander gebiede ook moontlik beperkings sal kry, indien inwoners nie hul waterverbruik verminder nie. Selby Bokaba van die stad doen 'n beroep op inwoners om water te spaar ten einde die voorsieningstelsel te help bestendig:
    1 min
  • Werke-ministerie en NSI span kragte saam om plaaslike vervaardiging te bevorder
    Die Ministerie van Werke en Vervoer en die Namibiese Standaarde-instelling, NSI, het ’n ooreenkoms onderteken om plaaslike vervaardiging te versterk en Namibiese produkte te bevorder. Die samewerking sal plaaslike vervaardigers en klein ondernemings help om produkte te lewer wat aan nasionale en internasionale veiligheids- en gehaltestandaarde voldoen. NSI se uitvoerende hoof, Eino Mvula, sê plaaslike markte moet voorkeur geniet en Namibiese standaarde moet gebruik kan word om produkte se voldoening aan vereistes te beoordeel.
    1 min
  • Cirrus Capital waarsku oor impak van repo-koersverhoging op landbou
    Die Bank van Namibië het Woensdag die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog, die hoogste sedert die begin van 2025. Die skuif beteken die prima-uitleenkoers van plaaslike handelsbanke styg van 10,25 persent tot 10,5 persent. Die besluit is veral slegte nuus vir die land se landbousektor, wat reeds deur 'n bek-en-klouseeruitbreking gekniehalter word, sê Deon Gous, 'n ontleder by Cirrus Capital.

    Vir meer oor hierdie en ander sake-nuus stories, besoek die Kosmos Kapitaal Facebook-blad.
    1 min
  • Nekongo verdedig N$88,6 miljard-begroting vir 2026/27
    Swapo-LP Ephraim Nekongo sê hy steun die voorgestelde begrotingstoewysing van 88,6 miljard Namibiese dollar vir 2026/27, met die fokus op onderwys, gesondheid en werkskepping. Hy sê gesubsidieerde tersiêre onderwys bevoordeel sowat 87 000 studente, terwyl die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 317 miljoen dollar na verwagting sowat 7 110 werksgeleenthede sal skep. Nekongo sê dié begrotingstoewysings is daarop gemik om Namibiërs te bevoordeel, ondanks kritiek.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Jim beweer daar is planne om NUMSA onbestendig te maak
    Die metaalwerkersvakbond NUMSA se hoofsekretaris, Irvin Jim, beweer daar is pogings om die vakbond onbestendig te maak voor sy twaalfde nasionale kongres. NUMSA se sentrale komitee het Jim, president Andrew Chirwa en ander nasionale leiers van hul bevoegdhede ontneem en beskuldig dat hulle versuim het om hul pligte na te kom. Die stap volg op 'n toenemende leierskapsgeskil, wat ook kommer oor finansiële bestuur insluit. Jim het die veldtog teen nasionale ampsdraers veroordeel:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…