Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Cirrus Capital waarsku oor impak van repo-koersverhoging op landbou
    Die Bank van Namibië het Woensdag die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog, die hoogste sedert die begin van 2025. Die skuif beteken die prima-uitleenkoers van plaaslike handelsbanke styg van 10,25 persent tot 10,5 persent. Die besluit is veral slegte nuus vir die land se landbousektor, wat reeds deur 'n bek-en-klouseeruitbreking gekniehalter word, sê Deon Gous, 'n ontleder by Cirrus Capital.

    Vir meer oor hierdie en ander sake-nuus stories, besoek die Kosmos Kapitaal Facebook-blad.
    1 min
  • Nekongo verdedig N$88,6 miljard-begroting vir 2026/27
    Swapo-LP Ephraim Nekongo sê hy steun die voorgestelde begrotingstoewysing van 88,6 miljard Namibiese dollar vir 2026/27, met die fokus op onderwys, gesondheid en werkskepping. Hy sê gesubsidieerde tersiêre onderwys bevoordeel sowat 87 000 studente, terwyl die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds van 317 miljoen dollar na verwagting sowat 7 110 werksgeleenthede sal skep. Nekongo sê dié begrotingstoewysings is daarop gemik om Namibiërs te bevoordeel, ondanks kritiek.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Jim beweer daar is planne om NUMSA onbestendig te maak
    Die metaalwerkersvakbond NUMSA se hoofsekretaris, Irvin Jim, beweer daar is pogings om die vakbond onbestendig te maak voor sy twaalfde nasionale kongres. NUMSA se sentrale komitee het Jim, president Andrew Chirwa en ander nasionale leiers van hul bevoegdhede ontneem en beskuldig dat hulle versuim het om hul pligte na te kom. Die stap volg op 'n toenemende leierskapsgeskil, wat ook kommer oor finansiële bestuur insluit. Jim het die veldtog teen nasionale ampsdraers veroordeel:
    1 min
  • Amupanda vra vir sterker bande tussen Namibië en Brasilië
    AR-leier Job Amupanda doen ’n beroep op ’n hersiening van Namibië se betrekkinge met Brasilië om ekonomiese en politieke samewerking te versterk. Hy sê die herverkiesing van Brasiliaanse president Luiz Inácio Lula da Silva bied Namibië ’n geleentheid om bande met Suid-Amerikaanse lande te verdiep, veral gegewe Brasilië se ekonomiese invloed en lidmaatskap van BRICS.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Huiseienaars gewaarsku oor dakonderhoud voor reënseisoen
    Die reënseisoen is op pad en huiseienaars word aangemoedig om maatreëls te tref om hul wonings te beskerm. Chris Chipadza, eisebestuurder by Old Mutual Korttermynversekering, waarsku dat swak dakonderhoud tot duur waterskade kan lei, en huiseienaars moontlik sonder versekeringsdekking kan laat wanneer hulle dit die nodigste het. Hy sê voorkoming begin met eenvoudige inspeksies, lank voordat die reën begin.
    1 min
  • Donderdag, 29 Oktober 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Rentekoerse wat gaan styg na die sentrale bank Woensdag sy repokoers verhoog het, is nog 'n slag vir die landbousektor. Om van die regering se eie skuldlas nie eens te praat nie! KosmosKapitaal gesels vanoggend met Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, oor die kwessie.
    4 min
  • Dringende hulp gevra vir boere ná verwoestende veldbrande
    Boere in die Otjiwarongo- en Outjo-omgewings sukkel met die gevolge van verwoestende veldbrande, wat weivelde vernietig het en boere noodsaak om hul vee bykomend te voer. Droogtehulp Namibië doen ’n beroep op dringende skenkings om boere te help om hul diere te voer en hul lewensbestaan te beskerm. Die organisasie se Henriëtte Le Grange het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Stad Windhoek ontken begunstiging met sandmynpermitte
    Die Stad Windhoek het bewerings van begunstiging met die toestaan van sandmynpermitte ontken en sê bedrywighede is gestaak omdat die betrokke ondernemings nie oor die vereiste wetlike en omgewingsgoedkeurings beskik het nie. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê permitte is beskikbaar vir enigiemand wat aan die vereiste standaarde voldoen. Die munisipaliteit verskaf leiding aan belanghebbendes en versterk toesig om die proses te stroomlyn. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…