Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • IPC vra strenger vuurwapenbeheer om geslagsgeweld te voorkom
    IPC-LP Lilian Lutuhezi sê Namibië moet vuurwapenlisensiëringsprosedures hersien om geslagsgebaseerde geweld en moord, veral tussen paartjies in intieme verhoudings, te help voorkom. Sy verwys na meer as 17 000 gevalle van geslagsgebaseerde geweld tussen 2020 en 2023 en stel strenger agtergrondkontroles, deurlopende risikobeoordelings en die tydelike verwydering van vuurwapens voor in gevalle waar daar ’n geloofwaardige risiko van geweld bestaan.
    1 min
  • Nandi-Ndaitwah beklemtoon vrede en ekonomiese samewerking met Rusland
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê vrede, dialoog en ekonomiese samewerking moet die grondslag vorm vir ontwikkeling en beter lewensomstandighede vir gewone burgers. Sy het dié standpunt tydens ’n ontmoeting met die Russiese politikus Dmitri Medwedef in Moskou uitgespreek, voor die derde Rusland-Afrika-beraad. Sy het beklemtoon dat internasionale samewerking konkrete maatskaplike en ekonomiese uitdagings moet aanspreek. Nandi-Ndaitwah sê menslike kapitaal en vaardigheidsontwikkeling bly noodsaaklik vir Namibië se ontwikkelingsagenda, en het Rusland bedank vir sy voortgesette samewerking met die land.
    1 min
  • 06:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Nulane-korrupsiesaak uitgestel tot Januarie ná Appèlhof-beslissing
    Die Nulane-korrupsiesaak is uitgestel tot 20 Januarie vir 'n voorverhoor in die Hooggeregshof in Bloemfontein. Dit volg nadat die Appèlhof beslis het die onskuldigbevinding van die beskuldigdes moet omgekeer word. Dit sluit die sakeman Iqbal Sharma in. Kaizer Kganyago van die Nasionale Vervolgingsgesag sê hulle word daarvan aangekla dat hulle met 'n gemeenskaplike doel opgetree het met die onreëlmatige betaling van 24,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die Gupta-maatskappy Nulane Investment, vir 'n uitvoerbaarheidstudie in verband met die Vrede-suiwelplaasprojek:
    1 min
  • Namibië en Zambië voltooi derde oorplasing van gevonniste oortreders
    Namibië en Zambië het hul derde oorplasing van gevonnisde oortreders afgehandel, met ses Zambiese burgers wat by die Katima Mulilo-grenspos uit Namibië na Zambië oorgeplaas is. Dit bring die totale aantal oortreders wat ingevolge die bilaterale ooreenkoms tussen die twee lande sedert Maart 2012 oorgeplaas is op 46 te staan. Die woordvoerder van die Namibiese Korrektiewe Diens, Salmi Hangula, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Op'ie Kantlyn,28 Oktober 2026
    Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.
    4 min
  • Die 18:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Suliman Carrim kry R100 000 borgtog
    Die Pretoriase landdroshof het borgtog van 100 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan aan die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, wat beskuldig word van minagting omdat hy nie voor die Madlanga-kommissie verskyn het nie. Hy is onlangs aangekeer toe hy na Dubai wou vlieg. Landdros Marc Curlewis sê die staat het versuim om te bewys Carrim sal sy verhoor ontduik of 'n gevaar vir die publiek inhou, maar het streng borgtogvoorwaardes opgelê. Hy het die saak tot 8 Desember uitgestel:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…