Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Kernwaghond wil Iran se kernaanlegte inspekteer
    Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê daar is ʼn dringende behoefte dat internasionale inspekteurs volgens die waarborg-ooreenkoms oor nie-verspreiding van kernwapens verifikasie-toegang kry tot Iran se kernaanlegte. Die kern-waghond sukkel om inligting te bekom oor Teheran se kernmateriaal, soos sy voorraad hoogs verrykte uraan. Die agentskap se direkteur-generaal, Rafael Grossi, maan Iran om geleidelik tegniese maatreëls te oorweeg om die toestande te skep sodat inspekteurs kan terugkeer. Hy sê onpartydige tegniese verifikasie is ʼn belangrike deel van internasionale veiligheid:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Nuwe N$85 miljoen-hotel bring werksgeleenthede na Swakopmund
    ’n Nuwe vyfster-boetiekhotel, The Bohlen, sal na verwagting werksgeleenthede in Swakopmund ’n hupstoot gee, met byna 200 tydelike konstruksieposte en ongeveer 50 permanente poste. Die plaaslike toerismemaatskappy ultimate.earth belê 85 miljoen Namibiese dollar in die hotel. Konstruksiewerk is reeds aan die gang en die hotel sal na verwagting in die vierde kwartaal van 2027 sy deure open. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth:
    1 min
  • Lamola sê SA regering tree op teen diegene wat geweld teen buitelandse burgers aanhits
    Die Suid Afrikaanse minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering tree op teen diegene wat wettige kommer oor onreëlmatige migrasie uitbuit om misdadige, haatdraende agendas te bevorder. Lamola sê daar dien tot dusver meer as 100 sake voor die howe, en meer as 40 ondersoeke wat verband hou met intimidasie, plundering en geweld teen migrante is aan die gang. Hy sê aanvalle op migrante moet streng veroordeel word:
    1 min
  • Bek-en-klouseer in Namibie raak streek se veepryse
    Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië raak ook die Suid-Afrikaanse lewendehawebedryf, waar die onderbreking van grenshandel die aanbod van diere beperk. Dr. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie, sê die ontwrigting kan sommige produsente aanvanklik bevoordeel deur pryse op te stoot, maar waarsku dat dit nie noodwendig volhoubaar is nie. Tydens gesprekke met die Namibiese Landbou-unie en ander bedryfsverteenwoordigers het die moontlike gevolge van die handelsbeperkings ook aandag geniet.
    1 min
  • BKS in Karasburg beperk tot 18 plase, 7 400 beeste ingeënt
    Die woordvoerder van die Ministerie van Landbou, Romeo Muyunda, het bevestig dat die bek-en-klouseer-uitbreking in die Kharas-streek steeds tot die Karasburg-distrik beperk is, met die aantal positiewe gevalle stabiel op 131 op 18 plase. Massa-inenting is aan die gang suid van die B3-pad, met 19 spanne wat tot dusver meer as 7 400 beeste ingeënt het. Aktiewe toesig en 18 veeartsenykundige kontrolepunte in vier streke help om die beperkings op veebeweging streng af te dwing.
    1 min
  • Maatskaplike toelaes voortaan maandeliks betaal vanaf volgende maand
    Die Ministerie van Finansies het ’n verandering aan die betaling van maatskaplike toelaes aangekondig. Vanaf volgende maand sal alle begunstigdes hul toelaes maandeliks deur die jaar ontvang. Dit bring ’n einde aan die praktyk van dubbele betalings in November en Januarie, en begunstigdes sal voortaan elke maand net een betaling ontvang. Die ministerie se woordvoerder, Wilson Shikoto, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Momentum sê repokoersverhoging is in lyn met verwagtinge
    Reaksie word ontvang op die sentrale bank se besluit om die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent te verhoog. Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die verhoging in lyn is met hul verwagtinge. Sy verduidelik:
    1 min
  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…