Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • SA Polisie verwelkom nuwe adviesraad om polisiehervormings te rig
    Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die eerste werksessie van die Nasionale Polisie-adviesraad verwelkom. Die raad sal help om polisiebeleid en hervormings te rig. Die raad, wat uit 14 lede bestaan, sal die minister en die nasionale polisiekommissaris van raad bedien oor maniere om die polisiediens te verbeter. Die woordvoerder vir die ministerie van Polisie, Kamogelo Mogotsi, sê dringende hervormings is nodig te midde van hoë misdaadvlakke en kommer wat by die Madlanga-kommissie uitgespreek is wat die publiek se vertroue in die polisie verswak het:
    1 min
  • China-Afrika-bande al hoe belangriker namate wêreldhandel verander
    Die Chinese ambassadeur in Namibië, Zhao Weiping, sê betrekkinge tussen China en Afrika word al hoe belangriker namate wêreldwye handelsdinamika verander. Dit kom terwyl ’n simposium oor China-Afrika-samewerking in Windhoek begin het. Die simposium fokus op China se nul-tariefbeleid vir Afrikalande en die moontlike implikasies daarvan vir handel en ekonomiese samewerking.
    1 min
  • 08:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Mashatile vra vreedsame verkiesing en aanvaarding van uitslag
    Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile versoek Suid-Afrikaners om op 4 November 'n vreedsame verkiesing te help verseker, politieke geweld te verwerp en die uitslag van die verkiesing te aanvaar. Mashatile het in Ekurhuleni op 'n kransleggingseremonie vir die bevrydingstryd-veteraan Oliver Reginald Tambo gesê demokrasie floreer as mense politieke verskille met debatte en by die stembus oplos, nie deur konflik nie. Hy vra burgers om die demokratiese waardes waarvoor Tambo en talle ander hul lewens opgeoffer het, te beskerm:
    1 min
  • Kantema: Digitale stelsels moet maatskaplike dienste verbeter en bedrog beperk
    Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die ministerie is besig om maatskaplike beskermingsdienste te moderniseer deur digitale stelsels in te stel om dienslewering te verbeter. Sy het tydens die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering gesê die hervormings sluit die digitalisering van mediese verslae vir ongeskiktheidstoelaes en die ontwikkeling van ’n geïntegreerde begunstigdenregister in. Kantema sê dié stelsels sal aanspreeklikheid versterk en bedrog en duplisering help beperk. Die hervormings vorm deel van die ministerie se breër pogings om maatskaplike ondersteuning doeltreffender en meer betroubaar te maak.
    1 min
  • 07:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Eerste Namibiese atlete vertrek na Olimpiese Jeugspele in Dakar
    Die eerste Namibiese atlete wat aan vanjaar se Olimpiese Jeugspele in Dakar, die hoofstad van Senegal, gaan deelneem, vertrek reeds vandag. Die Spele begin Saterdag 31 Oktober en duur tot 13 November. Dit is die eerste keer dat ’n Olimpiese sportbyeenkoms op die Afrika-kontinent aangebied word. Ongeveer 2 700 jong atlete van regoor die wêreld, tussen die ouderdomme van 15 en 18 jaar, sal in 25 verskillende sportkodes meeding, insluitend deelnemers van Namibië. Anri Parker, uitvoerende beampte van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Woensdag, 28 Oktober 2026
    In jou finansiële nuus vanoggend: Op, af of dieselfde? Alle oë is vandag op die Bank van Namibië om te sien of verbruikers met hoër rentekoerse gaan moet huishou en die verwagting is nie goeie nuus nie.
    Ook in die nuus: Savanna Beef Processors sê dit is tans in 'n oorlewingstryd weens die bek-en-klouseeruitbreking.
    En: Dr. Frikkie Maré, hoofuitvoerende bestuurder van die Rooivleisprodusente-organisasie in Suid-Afrika, het Dinsdag in 'n onderhoud met Plaas TV op YouTube gesê enige handel in vee en veeprodukte tussen Namibië en die buurland is weens bek-en-klouseer geheel en al in die hande van die twee lande se regerings.
    3 min
  • Hardapdam se waterverbruik bly hoog te midde van hitte en rekord-koringoes
    Watergebruik uit die Hardapdam het vir die tweede agtereenvolgende week 2,8 miljoen kubieke meter oorskry, aansienlik hoër as normaal, om die Hardap-groenskema te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels, wat sê die water gaan aan afronding van 'n verwagte rekord-koringoes, en dit is ook baie warm in die Suide.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…