Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • N$5 miljoen vir sanitêredoek-inisiatief om menstruele armoede te bekamp
    Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die 5 miljoen Namibiese dollar wat aan die Nasionale Sanitêredoek-inisiatief tydens die hersiene mediumtermyn-begroting vir 2026/27 toegeken is is, sal help om menstruele armoede onder kwesbare leerders te bekamp. Sy het aan die Nasionale Vergadering gesê die befondsing volg op ’n loodsprojek van 500-duisend dollar in 2025, waartydens sowat 41-duisend-700 sanitêre pakkies oor al 14 streke versprei is. Kantema sê die groter toewysing sal help om meisies se skoolbywoning, gesondheid en waardigheid te beskerm.
    1 min
  • WK maak vordering met herstelwerk aan paaie ná vloedskade
    Die Wes-Kaapse regering sê herstelwerk aan beskadigde paaie tussen Klawer en Vredendal is afgehandel. Die werk maak deel uit van 'n projek van 89-miljoen-rand om paaie en brûe te herstel wat in Mei deur vloedwater beskadig is. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, sê werk duur voort aan twee brûe en die pad tussen Vredendal en Vanrhynsdorp. Simmers het bygevoeg dat herstelwerk aan sekere brûe tot in volgende jaar sal voortduur:
    1 min
  • Windhoek se openbare parke onder die loep in die parlement
    Die Stad Windhoek se ontwikkelingspogings is onder die loep in die parlement, midde kommer oor die swak ontwikkeling van openbare parke. Dit kom terwyl die Staande Komitee oor Ekonomie en Nywerheid, Openbare Administrasie en Beplanning ingelig word oor die munisipaliteit se inisiatiewe vir ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling. Komiteelid Sharonice Busch het vrae oor die toestand van openbare parke in die hoofstad.
    1 min
  • BoN verhoog repokoers tot 7% te midde van inflasiedruk
    Die Bank van Namibië het die repokoers met 25 basispunte tot 7 persent verhoog. Die besluit kom te midde van swak binnelandse ekonomiese aktiwiteit, toenemende inflasiedruk, ’n groeiende handelstekort en die risiko’s wat bek-en-klouseer vir die ekonomie inhou. Die sentrale bank se president, Ebson Uanguta, verduidelik die redes agter die besluit.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    1 min
  • SA motoriste gevra om voertuie vir feestyd gereed te kry
    Die Padverkeerbestuurskorporasie in Suid Afrika doen 'n beroep op motoriste om vir die feestyd voor te berei deur te verseker dat hul voertuie padwaardig is en alle lisensies geldig is. Meer as 2,2-miljoen voertuiglisensieskyfies verval in November en Desember, waarvan Gauteng die grootste deel verteenwoordig met meer as 851-duisend lisensies. Simon Zwane van die korporasie raai bestuurders aan om hul voertuie na te gaan, moegheid en alkohol te vermy, spoedbeperkings te eerbiedig en te verseker dat almal veiligheidsgordels dra:
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SALGA spoor kiesers aan om verantwoordbare plaaslike leiers te kies
    Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering doen 'n beroep op geregistreerde kiesers om tydens die komende plaaslikeregeringsverkiesing op 4 November etiese, bekwame en verantwoordbare leiers te kies. Die woordvoerder van SALGA, Motalatale Modiba sê kiesers het 'n belangrike rol om te speel in die verbetering van dienslewering en om munisipaliteite tot verantwoording te roep. Modiba het kiesers ook aangemoedig om waarskuwings oor die weer dop te hou en op verkiesingsdag vroeg by stembusse aan te kom:
    1 min
  • Agra behaal rekordresultate met inkomste van N$3,14 miljard
    Die landboudienstegroep Agra Beperk het rekord-finansiële resultate vir sy 2025/2026-boekjaar aangekondig, gedryf deur goeie reën, besigheidsdiversifikasie en uitbreiding in die kleinhandelsektor. Inkomste het met 11,7 persent tot 3,14 miljard Namibiese dollar gestyg, terwyl wins ná belasting met 26,1 persent tot 145,3 miljoen dollar toegeneem het. Die hoof finansiële beampte, Philip Maass, het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…