Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • Mantashe in die sop oor kru 'seks-vir-werk' opmerking
    Sonke Gender Justice veroordeel die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, se kru en minagtende reaksie op 'n vraag deur 'n Newzroom Afrika-joernalis oor bewerings dat munisipale raadslede in Noordwes seks eis van vroue in ruil vir werksgeleenthede. Mantashe het gereageer deur na vroulike geslagsdele te verwys. Die ANC het Mantashe intussen opdrag gegee om verskoning te vra. Bafana Khumalo van Sonke sê die uitlatings was onnodig, onvanpas en neerhalend:
    1 min
  • Die 14:00 nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Suid-Afrika wil uitvoer en werke bevorder deur China se zero-tarief beleid
    Die Suid Afrikaanse minister van handel en nywerheid, Parks Tau, sê Suid-Afrika wil China se zero-tarief beleid vir Afrikalande gebruik vir meer uitvoere, plaaslike vervaardiging en werkskepping. China het die eensydige voorkeurskema bekendgestel wat belastingvrye toegang bied vir alle produkte, behalwe 47 tarief-lyne wat onderworpe sal wees aan tariefkoers-kwotas, vir die tydperk van 1 Mei vanjaar tot 30 April 2028. Tau sê die totale bilaterale handel tussen die twee lande was in 2025 642-miljard-rand, teenoor 483-miljard-rand in 2021:
    1 min
  • Ministerie monitor seismiese aktiwiteit voortdurend ná Kamanjab-aardbewing
    Die aardbewing van 4,9 naby Kamanjab het plaasgevind in ’n gebied met talle breuklyne in die aardkors, sê Mako Sitali, ’n geowetenskaplike by die ministerie van mynwese. Volgens Sitali verskuif hierdie swakker sones voortdurend, wat aardbewings veroorsaak. Sitali het met NBC gepraat en gesê ’n aardbewing van dié sterkte word as lig beskou, maar omdat dit vlak was, was die skudding aan die oppervlak sterker. Sy sê die ministerie se moniteringstelsel funksioneer goed en monitor voortdurend seismiese aktiwiteit. Sy verduidelik ook hoe die stelsel werk.
    1 min
  • 13:00 Hoofnuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Namibië berei 12 jong atlete voor vir Dakar-jeug Olimpiese Spele
    Namibië se afvaardiging van 12 atlete na die Dakar-jeug Olimpiese Spele wil die grondslag lê vir die land se volgende geslag internasionale kampioene. Anri Parker, ’n uitvoerende lid van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, sê die jong atlete ontvang omvattende opleiding ter voorbereiding vir Afrika se eerste Olimpiese Spele van enige aard. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Okahandja-inwoners beplan optog oor dienslewering en grondtoekennings
    Inwoners van Okahandja beplan om dié naweek aan ’n gemeenskapsoptog deel te neem onder die vaandel van “Genoeg is Genoeg”. Hulle eis dat die volle munisipale raad teenwoordig moet wees om kwessies oor swak dienslewering, behuising en grondtoekennings aan te spreek. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, is ook genooi om die petisie tydens die vreedsame betoging te ontvang. Gemeenskapsaktivis Sethy Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Koeler temperature teen Sondag bring verligting ná hittegolf
    Namibiërs wat swoeg en kla onder die huidige hittegolf, kan vanaf Sondag verligting verwag, wanneer koeler temperature na verwagting die Khomas-streek sal bereik. Die res van die binneland kan teen Maandag afkoeling ervaar. Die hitte sal egter deur die naweek voortduur, en die weerdiens doen ’n beroep op die publiek om genoeg water te drink en blootstelling aan die son gedurende die warmste deel van die dag te beperk. Albertina Anderson van die weerdiens het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • Nandi-Ndaitwah spoor ondernemings aan om mededingendheid te versterk
    President Netumbo Nandi-Ndaitwah doen ’n beroep op Namibië se sakegemeenskap om hul produkte beter te bemark en meer mededingend te maak. Tydens haar toespraak vanoggend by die tiende Swakopmund International Trade Expo het sy die belangrikheid van doeltreffende produkbemarking vir besigheidsgroei beklemtoon.
    1 min
  • Min kans op belastingverligting in komende begroting
    Gewone Namibiërs moet nie belastingverligting of verhoogde staatsondersteuning in die komende begroting verwag nie, aangesien dalende inkomste en hoë staatskuld die regering in ’n streng besparing-siklus vasgevang hou. Cirrus Capital-ontleder Romé Mostert het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê enige finansiële verligting kan die begrotingstekort verder vergroot. Sy sê Namibië se ekonomiese herstel sal in die komende jare grootliks afhang van hulpbronontginning en volhoubare ekonomiese groei.
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…