Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

By Kosmos 94.1
Download on the App Store

Kosmos 94.1 episodes

  • 12:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • Ontleder: Suid-Afrika diversifiseer uitvoermarkte te midde van onsekerheid oor Agoa
    Politieke ontleder Christo van der Rheede sê Suid-Afrika het sy afhanklikheid van die Amerikaanse mark ingevolge Agoa aansienlik verminder deur landbou-uitvoere na Europa, die Midde-Ooste, die Verre Ooste en die res van Afrika te diversifiseer. Hy erken egter dat ’n moontlike opskorting van Agoa groot uitdagings vir die motorbedryf en sy uitgebreide vervaardigings- en voorsieningsketting sal inhou. Van der Rheede sê diplomatieke pogings word aangewend om handelsbetrekkinge te versterk en groeiende Amerikaanse beleggings te behou. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
    1 min
  • 11:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • Kauandenge pleit vir breë opposisiekoalisie voor 2029-verkiesing
    Josef Kauandenge, president van die Vereniging van Plaaslike Belangegroepe, Asoli, doen ’n beroep op ’n breë koalisie van opposisiepartye voor die algemene verkiesing van 2029, met die doel om die regerende party se oorheersing te verbreek. Kauandenge waarsku dat voortdurende opposisie-fragmentasie slegs die status quo versterk. Hy moedig opposisieleiers aan om saam te staan vir die algemene belang, eerder as om individuele ambisies na te streef. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
    1 min
  • Jeugontwikkelingsfonds keur 373 projekte goed, beoog 7 110 werksgeleenthede
    Die minister van finansies, Ericah Shafudah, sê die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds het 373 jeugprojekte in al 14 streke goedgekeur. Sy het dit Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê tydens die indiening van die hersiene mediumtermynbegroting. Shafudah sê teen 25 September is 110,2-miljoen Namibiese dollar aan begunstigdes uitbetaal. Die projekte sal na verwagting sowat 7 110 werksgeleenthede skep.
    1 min
  • 10:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    5 min
  • //Kharas-goewerneur vra dringende optrede teen bek-en-klouseer
    Die goewerneur van die //Kharas-streek, Dawid Gertze, sê dringende optrede en samewerking is nodig om die impak van bek-en-klouseer op boere en die streeksekonomie te beperk. Hy het dit gesê tydens ’n vergadering met boere en belanghebbendes in Keetmanshoop, waar voorgestelde beheermaatreëls, inenting, beperkings op die beweging van vee en die herstel van marktoegang bespreek is. Gertze sê die doel is om boere te help om hul voete weer te vind en die veesektor te herstel.
    1 min
  • High Octane Festival bring twee dae van motorsportaksie na Windhoek
    Twee dae van opwindende motorsport wag op inwoners van Windhoek wanneer die 2026 Monster Energy High Octane Festival en Drifting Mania vanmiddag om vieruur sy hekke by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek vir die publiek open. Vier motorsportkategorieë — drifting, drag racing, spinning en gymkhana — sal deur Big Boy Racing aangebied word. Saterdag open die hekke reeds om twaalfuur, met nog aksie wat op motorsportliefhebbers wag. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het meer:
    1 min
  • 09:00 Nuus
    'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
    4 min
  • SA Openbare Beskermer ondersoek bewerings van onveilige water in Bronkhorstspruit
    Die Openbare Beskermer het 'n ondersoek na die Stad Tshwane van stapel gestuur oor die waterkrisis in Bronkhorstspruit, nadat 408 mense siek geword het. Die ondersoek volg op klagtes van die EFF en die Vryheidsfront Plus, wat beweer die stad het versuim om chloor by die water tussen 24 September en 14 Oktober te voeg, en inwoners nie gewaarsku het dat dit dalk onveilig is om te drink nie. Die woordvoerder, Oupa Segalwe sê die watersuiweringsaanleg is tydelik buite werking gestel vir skoonmaak en ontsmetting:
    1 min

About Kosmos 94.1

From the publisher's feed

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable…